
Agt van Windhoek Gimnasium se rugbyspelers is vir die Namibiese onder 16 rugbyspan gekies wat in Julie aan die Grant Khomo toernooi in SA deelgeneem het. Agter van links is Keanan van Wyk, Casper Esterhuizen, Erik Jordaan, Malcolm Moore en André Bergh. Voor is Garth Ockhuizen, Retief Brand en Chevanne van Niekerk.
UIT die staanspoor met die vestiging van Windhoek Gimnasium, was een van die belangrike doelstellings om uiters hoë standaarde in sport en kultuur daar te stel, ten einde ’n bydrae op nasionale vlak te maak.
Hierdie doelstelling word nagestreef deur die aanstelling van goed gekwalifiseerde, gemotiveerde afrigters, en die daarstel van top fasiliteite, toerusting en oefenprogramme.
Reeds binne ’n kort tyd sedert die ontstaan van die skool, maak sportmanne en -vroue van Windhoek Gimnasium ’n uitstaande merk in sportkringe en word hulle reeds as gedugte teenstanders beskou.
Windhoek Gimnasium is trots op hul sportprestasies, en in die besonder op die 27 leerlinge wat reeds in 2008 in Namibiese spanne opgeneem is, en/of internasionaal presteer, soos uitgebeeld op die meegaande foto’s.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.