22.07.2008 Spanne jaag Falcon as voorlopers
DIE 2007 premierliga rugbykampioen, Reho Falcon, is stewig in die boonste posisie van die punteleer. Die Valke het Saterdag hul derby teen Rehoboth met 58–49 gewen en staan nou op ‘n soliede 39 ligapunte ná nege wedstryde. Xerox Wanderers is in die tweede plek met 37 punte, maar die Wit Hingste het reeds 10 wedstryde gespeel. Hulle het Vrydagaand vir Unam met 34–20 geklop. Western Suburbs is in die derde posisie met 35 punte ná nege wedstryde. Die Khomasdallers het vir Grootfontein met 43–33 verslaan. Rehoboth beklee ‘n goeie vierde plek, want hulle het nog net agt wedstryde gespeel. United het Saterdag vir Jaguars met 57–7 geklop.
Die volledige puntestand van die premierliga is in die volgorde gespeel, gewen, verloor, punte vir, punte teen en ligapunte.
Windhoek-rugbyklub is boaan die Noorde eersteliga. Hulle het Saterdag vir Otjiwarongo met 40–32 geklop. Dolphin I van Swakopmund het die Etosha Leeus met 40–5 verslaan. Walvisbaai het vir Oshakati met 71–8 oorrompel. Die Noordegroep se punteleer is:
Die eersteliga is ewe opwindend. Xerox Wanderers II is voor met 34 punte na agt wedstryde in die sentraal eersteliga. Rehoboth is tweede met 33 punte, maar het reeds tien wedstryde gespeel. Mariental is derde met 32 punte, maar hulle het nog net sewe keer gespeel. Die Marientallers het nog geen wedstryd vanjaar verloor nie. Wanderers II het Vrydag vir Unam II met 12–08 gewen. Die Valke se tweedespan het vir Rehoboth II met 17–16 geklop en United II het vir Swans I met 39-03 getroef. Die Sentraal eersteliga se puntestand is:
|