Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak Ons

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

25.02.2009

SKW soek punte teen Tigers


SKW se staatmaker Marco van Wyk met een van die trofeë wat hy onlangs by die sokkerspan se funksie ontvang het. Die span se gewese afrigter Richard Starke (middel) en Vincent Molzahn het die trofee oorhandig.
DIE wedstryd tussen Cymot SKW en Wesbank Tigers wat vanaand by die SKW-stadion in Olympia sou plaasvind, is tot Vrydagaand uitgestel. Dit bring mee dat twee kragmetings Vrydagaand om agtuur in MTC se Premierliga onderskeidelik by die SKW-veld en die Onafhanklikheidstadion plaasvind. Is dit die regte besluit vir sokker, want hoeveel mense gaan teenwoordig wees wanneer SKW en Tigers opdraf?

Skuins oorkant die straat gaan Orlando Pirates en Civics sonder twyfel die nuuskierigheid van duisende sokkertoeskouers prikkel. Nou ja, die besluite word geneem deur beamptes van die Namibië Premierliga en klubs en toeskouers sal noodgedwonge daarmee moet saamleef. Daar word verwag dat SKW op alle silinders gaan loop wanneer hulle die Tiere aandurf, veral noudat Tigers met ’n nuwe afrigter die tweede ronde afskop.

Die nuwe man in beheer, Rusten Mogane, sal gewoond moet raak aan die gewoontes en spelpeil van sy spelers en boonop sy nuwe sokkerbase oortuig dat hy oor die vernuf beskik om die eens trotse klub weer op die wenpad te bring. Tigers se doelmasjien, Tangeni Shipahu, mag dalk die man wees wat die nuwe breier op ’n wennoot laat wegspring.

’n Sege oor SKW gaan egter nie maklik wees nie, want dié kamp mik om die Premierliga- kroon te dra. SKW is tans tweede, sewe punte agter die voorloper African Stars, en kan met drie punte Vrydagaand die gaping tot vier punte laat krimp. Dit mag dalk net vir 24 uur wees, want Stars speel die volgende aand teen Black Africa en is die oorweldigende gunsteling om die derby te wen.

Die twee afrigters van SKW, Lucky Kakuwa en Rolf Beiter, vaar goed sedert hulle die leisels oorgeneem het. Albei was in hul speeldae goeie middelveldspelers wat spanmaats met akkurate aangeë in gapings kon wegstuur en wat respek by teenstanders afgedwing het.

Nou is die uitdaging om hul merk as afrigters te maak en dalk ’n plekkie by een van die nasionale spanne te verdien. Sondag is daar net een wedstryd. Op Oshakati draf die tuisspan teen Chief Santos op. Op papier behoort Oshakati City aan die wenkant te eindig en Santos se neuse nog dieper in die rigting van relegasie te vryf.

Die volledige program vir die naweek se MTC Premierliga; VRYDAG: SKW-stadion: SKW tn Tigers 20:00; Onafhanklikheidstadion: Orlando Pirates tn Civics 20:00. SATERDAG: Otjiwarongo: Mighty Gunners tn Eleven Arrows 15:00; Ramblers-veld, Pionierspark: Ramblers tn Hotspurs 15:00; Onafhanklikheidstadion: African Stars tn Black Africa 17:00. SONDAG: Oshakat i : Oshakati City tn Chief Santos 15:00.