|
Republikein
|
|
|
2.01.2009 Seunspan staan hul man teen Brasilië
NAMIBIESE seuns kan vuisbal speel, en hulle mag hulself ’n klop op die skouer gee ná gister se openingswedstryd van die Onder 18 Wêreldkampioenskap teen die gedugte Brasilië. Die telling van 3-0 vlei die Brasiliane, want dit is nie ’n ware weergawe van wat by die SFCsportveld gebeur het nie.
Die telling oor drie stelle was 11-5, 11-8 en 11-5. Die jong Namibiërs het strawwe teenstand gebied en het in een stadium voorgeloop. In die tweede stel het Namibië ’n voorsprong van 8-5 gehad, maar ongedwonge foute het gesorg dat Brasilië terugkom in die skouspel wat toeskouers op hul voete gebring het. Die kompetisie in gunstige weer in Swakopmund lewer ’n standaard wat plaaslike inwoners selde te sien kry. Elke bal word met mening moker en selfs die moeilikste balle word agternagejaag om dit terug te stuur. Die seuns en meisies is oorgehaal om net die beste vir hul land te doen en te wys dat vuisbal ook die mense na stadions kan lok. ![]() Die Duitse spanne het baie ondersteuning op Swakopmund. Beide die seunsen meisiespanne is tans wêreldkampioene. Die 15-jarige Sandra Starke het soos verwag die oog gevang met asemrowende spel. Die seunspan borrel met talent wat wag om die internasionale arena te laat vlamvat. In die middel is Helmo Minz, wat met slim spel sy spanmaats aanspoor en die bal gereeld na sy kaptein, Viggo von Scheliha, voer om met kragtige houe die gapings op te soek. Beide is gunstelinge om in 2011 die senior span te haal wat in die senior wêreldkampioenskap in Oostenryk meeding. Dan is daar ook Manfred Starke, Stefan Grüttemeyer, Gian Rudolph, Wolfgang Erb, Thilo Wilckens, Immo Kötting, Kristof Lerch en Torsten Schmidt-Dumont wat almal wag om die deurbraak te maak.
Die seunspan se afrigter, Andreas Minz, is in sy skik met hul vertoning. “Ek is oortuig ons kan nog ’n verrassing of twee lewer. Die spelers het goed opgeweeg teen Brasilië en ek glo hulle het baie selfvertroue gekry.” Duitsland is die verdedigende wêreldkampioen vir beide die seuns- en meisieskompetisie.
Die seuns het gewaarsku dat hulle hier is om hul titel te behou met hul sege van 11-1, 11-8 en 11-5 oor Chili. Namibië se meisies speel vanoggend om 10:00 teen Oostenryk, gevolg deur die twee lande se seunspanne om 11:30. Die gasheerspanne is later weer in aksie teen Switserland, om 16:00 (meisies) en 17:30 (seuns). Môreoggend om negeuur staar die wêreldkampioen Duitsland ons meisies in die gesig voordat die seunspanne om 10:30 getoets word. Daarna volg die kwarteindronde en semifinale voordat die spel Sondag om 10:00 begin vir plekke op die punteleer. Die eindstryd is vir 16:00 bestem. Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak. Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak. Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak. Boet Matthews op Swakopmund |
|