Lebeau du Preez, eienaar van AnPro Hides and Skin, het sy belofte verlede jaar aan Rehoboth Rugbyklub (RRK) nagekom om as ?n borg betrokke te raak. Du Preez het die uitrusting vir RRK se Premierliga-span vir die seisoen geborg. V.l.n.r. is Eden Meyer (afrigter), Dolfie Brendell (bestuurslid), Lebeau du Preez, Marschelle Diergaardt (bestuurslid) en Stols Diergaardt (voormalige bestuurslid van RRK).