24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.08.2010

Premierliga se statistiek vertel eie rugbyverhaal

© Republikein
DIE nuutste stand van die MTC Premierliga voor komende naweek se wedstryde (in volgorde gespeel, gewen, verloor, punteverskil, bonuspunte, ligapunte):

DIS maar goed die dae van die abakus is verby, want soos dinge in die MTC Premier-rugbyliga gaan, kan ’n mens skaars met ’n sakrekenaar byhou. Die witwarm liga sorg vir ’n interessante sommemakery nadat die meeste van die agt aanspraakmakers 13 wedstryde agter die blad het.

Reho Falcon het al 14 keer uitgedraf en is boaan die punteleer met 49 punte, terwyl FNB Wanderers en die Rehoboth Rugbyklub (RRK) ná 13 kragmetings onderskeidelik tweede en derde is met 48 en 37 punte. Mariental Rugbyklub het 12 wedstryde gespeel en beklee die vierde plek met 36 punte, terwyl FNB Western Suburbs vyfde is met 32 punte.

Kort op hul hakke is Kudus van Walvisbaai met 31 punte, gevolg deur Spes Bona United met 30 punte en Big Daddy Unam met 18 punte in die laaste plek. Reho Falcon het nege van hul 14 kragmetings gewen en vyf keer verloor. In die proses het hulle 55 drieë gedruk en is 35 teen hulle behaal. Dit het aan hulle 419 punte besorg, terwyl hul teenstanders 300 punte aangeteken het. Veertien van hul puntetotaal is met bonuspunte verdien.

Wanderers het tien keer aan die wenkant geëindig en net drie keer verloor met ’n totaal van 59 drieë teen 43 van sy teenstanders. Wanderers het 410 punte opgestapel en agt bonuspunte verdien en sy opponente het 312 punte behaal. Die RRK het in sy sewe oorwinnings en ses neerlae 49 drieë teenoor sy teenstanders se 46 aangeteken.

Dit het aan die RRK 340 punte en sy opponente 341 punte besorg. Nege bonuspunte het die RRK toegekom. Vir Mariental trek die skaal gelyk met ses gewen en ses verloor waarin hy 39 drieë teen 35 aangeteken het. Mariental het 336 punte aangeteken en hul opponente 285 punte. Die span het 12 bonuspunte behaal. Suburbs se rekord is ietwat skeef getrek met sewe dragte slae en ses oorwinnings.

Hulle het 39 drieë aangeteken, maar hul opposisie het 51 keer teen hulle gedruk. Suburbs het 334 punte (ses bonuspunte) ingeoes en hul teenstanders 372 punte. Kudus het vyf keer gewen en sewe keer pak gekry vir 316 punte, terwyl sy teenstanders 384 punte behaal het. Kudus het 45 drieë aangeteken en sy opponente 50 drieë.

Kudus het nege bonuspunte verdien. United, wat swak begin het, het agt keer verloor en vyf keer gewen. Die bloues het 35 drieë en hul teenstanders 33. Dit het aan United 311 punte (tien bonuspunte) besorg, terwyl die opposisie 313 punte ingeoes het.

Unam kon net drie van sy 13 wedstryde wen met 43 drieë vir en ’n allemintige 71 teen hulle. Dit het aan die studente 335 punte (ses bonuspunte) besorg, terwyl die teenstanders 494 punte aangeteken het. Môre se groot vraag is nou wat Wanderers en Mariental met mekaar gaan aanvang.

In môre se ander kragmeting kom United teen Kudus te staan en vanaand halfagt in die Hage Geingob-stadion pak Unam die RRK. United en die RRK behoort die pyp te rook, maar die kragmeting van die naweek is ongetwyfeld die verwagte naelbyter tussen Wanderers en Mariental, waar die manne vir ’n fisieke stryd voorberei.

Sportredaksie