1.03.2010 Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn
OOMBLIKKE nadat ’n vragmotor van ’n sekuriteitsmaatskappy gistermiddag in ’n ongeluk betrokke was, het die bestuurder blykbaar sy eie lewe geneem.
Volgens die eerste inligting het die man hom met ’n haelgeweer geskiet. Die buitengewone voorval het laat gistermiddag op die grondpad tussen Walvisbaai en Solitaire afgespeel.
Die polisie van Walvisbaai was teen druktyd op pad na die toneel sowat 40 km buite die dorp. Die hoofbestuurder van die sekuriteitsmaatskappy was toe reeds self op die toneel.
Hy het geweier om op vrae per mobiele foon te antwoord. Al wat hy gesê het, was dat hy self 21 jaar in die polisie was en weet hoe sulke goed werk. Dit is vir die polisie om inligting te verstrek. Besonderhede is ook nie oor die voertuig en die vrag verstrek nie.
|