2.03.2010
Pluimbalgroep ná proewe aangekondig
DIE jaarlikse nasionale pluimbalproewe is die naweek in die SKW-saal in Windhoek gehou. Die proewe was ’n reuse-sukses en die keurders moes kopkrap oor die talentvolle spelers wat genooi was. Uiteindelik is ’n volledige lys spelers aangekondig wat vanjaar die kern van nasionale spanne sal uitmaak.
Die keurders was aangenaam verras met die ontluikende talent en standaard wat die jong spelers mee vorendag gekom het. Die eerste toernooi waarop die spelers hulle sal voorberei, is teen Boland in Oranjemund op die naweek van 21 Maart.
Na ’n harde naweek van pluimbalproewe is die volgende spelers gekies:
Seuns:
Wanjo Kollmitz, Francois Maritz, Ronnie Smit, Colbin du Plessis, Robert McGregor, Rezano Willemse.
Meisies:
Callan Niemand, Nita Scholtz, Melissa Kring, Athusche Shihepo, Shandre de Freitas Bacalhau.
Nie-reisende reserwes:
Gesa Jeske, Tatjana Kollmitz.
Senior mans:
Alfred Sumaili, Quintin du Preez, Shaun du Preez, Stefan Ackermann, Org van Rensburg, Leon Koch (spanbestuurder en nasionale afrigter van die groep in sy geheel).
Senior vroue:
Bianca Neuman, Julie Campbell, Mara van Wyk, Lynette Venter, Melanie Campbell, Lizelle van Vuuren.
Veterane mans:
Louis Kotze, Axel Rothauge, Francois du Preez, Remi Leemans, Jürgen Leicher.
Veterane vroue:
Marika Badenhorst, Ella Scholtz, Ingrid Kollmitz, Lynn du Preez.
’n Nasionale oefengroep is ook gekies ter voorbereiding vir die 2011 Afrika pluimbalkampioenskap. Die oefengroep sal gereeld oefensessies onder leiding van die nasionale afrigter moet bywoon.
Die oefengroep is:
Mans:
Alfred Sumaili, Francois Maritz, Jürgen Leicher, Leon Koch, Org van Rensburg, Quintin du Preez, Shaun du Preez, Stefan Ackermann, Ronnie Smit.
Vroue:
Bianca Neuman, Ella Scholtz, Ingrid Kollmitz, Julie Campbell, Lynette Venter, Lynn du Preez, Mara van Wyk, Marika Badenhorst, Melanie Campbell.