Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak Ons

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

22.02.2006

Plaaslike brokkies

Stand van muurballiga
DIE muurbalspan van Cataflam D is ná drie rondtes die voorloper in die Somerliga. In die mees onlangse wedstryde het Cataflam met 14-7 teen Securitas gewen terwyl Itec naelskraap (11-10) teen Coca-Cola gewen het. Cataflam D het nou 42 ligapunte teen Itec se 35, Securitas se 30 en Coca-Cola se 28. Die Somerliga word op Donderdae by die Wanderers-bane gespeel met spanne wat uit nege spelers (waarvan vier vroue) bestaan. Op 3 en 4 Maart begin die eerste rondte van die Trentyre-vrouekompetisie met die mans wat die daaropvolgende naweek in aksie is. Die Besigheidsliga hervat in Junie.

Civics-vroue oefen
CIVICS-netbalklub het dié week sy oefeninge vir die komende seisoen hervat. Oefensessies vind Dinsdae en Donderdae om 18:00 by die Hoërskool Ella du Plessis se bane plaas. Alle huidige en voornemende spelers is welkom. Navrae aan Anita by sel. 081 128-8929.

Proewe in veerpyltjies
DIE Khomas-veerpyltjiestreek hou op Saterdag 25 Februarie proewe by die veerpyltjieklubs Afrox en 37's by die Windhoekse Skouterrein vanaf 14:00.