6.09.2010
Onoorwonne o.19’s wen toernooi

Die triomfantelike Namibiese o.19-krieketspan. Agter van links is Bredell Wessels, Norbert Manyande (spanbestuurder), Zhivago Groenewald, Kobus Brand en André Engelbrecht. Die middelry is Craig Williams (fiksheidsafrigter), Justin Baard, Wian van Vuuren (kaptein), Shalako Groenewald, Christopher Coombe en Johan Rudolph (afrigter). Voor sit Colin Schoombee, Gerhard Lötter, Gerhard Erasmus, Pelham Myburgh en Luke Bolton. Stephan Baard was afwesig.
NAMIBIË kan baie trots wees op sy jong krieketspan wat gister die Internasionale Krieketraad se kwalifiserende toernooi in Windhoek met sewe uit sewe oorwinnings afgesluit het.
Die Namibiërs het sedert Vrydag oorwinnings oor Kenia, Uganda en Nigerië ingeryg en was selfs voor gister se vermorseling van Nigerië met 256 lopies verseker dat hulle een van die twee Afrika-plekke na volgende jaar se wêreldwye uitduntoernooi vir die o.19 Wêreldbeker sou opraap.
Kenia het die tweede plek verseker, maar dit sou nie sonder gister se oorwinning teen Botswana gebeur het nie, wat uiteindelik derde geëindig het en vier van sy sewe wedstryde gewen het. Spankaptein Wian van Vuuren het gister by United van voor gelei met sy kolfbeurt van 92 asook vier paaltjies as bouler – ’n waardige keuse as speler van die wedstryd.
Van Vuuren het die pas aangegee vir Namibië se grootste kolftotaal van die toernooi – 343/6. Hy het nege viere en twee sesse in sy 105 balle geslaan en was in ’n 101-vennootskap om die eerste paaltjie met Pelham Myburgh (22 van 49 balle, 2x4).
Die volgende kolwers het almal ingeklim en die Nigeriërs nie gespaar nie. Gerhard Lötter, wat een honderdtal en twee vyftigtalle in die toernooi behaal het en gisteraand as die toernooi se topkolwer bekroon is, het 31 van 25 balle geslaan (3x6) voordat hy uitgevang is. Nog ’n sterkolwer was die linkshandige Zhivago Groenewald, wat 80 lopies van net 59 balle geblits het (8x4, 3x6).
Sy vennootskap met Gerhard Erasmus (40 van 40 balle, 3x4) het Namibië se telling van 182 tot 295 gevoer voordat Christopher Coombe ingestap en 35 van net 13 balle (2x4, 2x6) gemoker het. Nigerië is daarna vir ’n skrale 88 in 30.5 boulbeurte uitgeboul.
Die suksesvolle boulers was Wian van Vuuren (10-0-29-4), André Engelbrecht (5-1-16-2), Kobus Brand (10-3-20-3) en Pelham Myburgh (0.3-0-0-1).
• Botswana het gister eerste gekolf teen Kenia en is in die 40ste boulbeurt almal vir 138 uitgehaal (Varun Vijayakumar 44; Raj Savala 5/19 in 10 boulbeurte). Kenia het die vereiste 139 binne 27 boulbeurte afgekolf en in die proses net twee paaltjies verloor (Irfan Karim 47 nie uit nie van 50 balle, 2x4, 2x6).
• Uganda het by Wanderers’n spannende wedstryd teen Sierra Leone met drie lopies gewen. Uganda 138 almal uit in 45 boulbeurte (Brian Masaba 33; Bami Williams 5/27 in 10 bb); Sierra Leone 135 almal uit in 47.2 bb (Brima Ansumana 32, Derrick Bakunzi 4/19 in 11 bb).
• Tanzanië, die swakste van die agt spanne, is gister vir die laagste totaal van die toernooi uitgehaal toe hulle vir 36 gevou het in antwoord op Zambië se 118. Zambië se beste kolwer was Gladson Kandela (43) en net twee boulers was nodig: Gladson Kandela 5/24 in 8 boulbeurte en Himal Patel 5/11 in 7 boulbeurte).
Saterdag se uitslae:
Namibië klop Uganda met 135 lopies
Namibië 260/8 in 50 boulbeurte (Gerhard Erasmus 49 van 91 balle, 3x4; Gerhard Lötter 54 van 54 balle, 5x4 3x6; Christopher Coombe 29 van 11 balle, 4x4 1x6; Shalako Groenewald 35 van 17 balle, 4x4 1x6).
Uganda 125 almal uit (Faruk Ochimi 40 van 93 balle, 3x4; André Engelbrecht 1/12 in 5 bb; Luke Bolton 1/10 in 5 bb; Christopher Coombe 1/9 in 4 bb; Zhivago Groenewald 1/15 in 7 bb; Wian van Vuuren 1/40 in 10 bb; Shalako Groenewald 2/25 in 5 bb).
Botswana klop Tanzanië met 75 lopies
Botswana 209 almal uit in 49 boulbeurte (Siddhart Rangaswamy 83 van 148 balle, Zamoyoni Jabeneke 3/31 in 10 bb). Tanzanië 134 almal uit in 44.4 boulbeurte (Robert Mfugwasita 38 van 66 balle).
Zambië wen met 15 lopies teen Sierra Leone
Zambië 148 almal uit (Lawrense Mutale 33 van 68 balle). Sierra Leone 133 almal uit in 43.5 bb (Balowa Mansaray 33 van 61 balle; Melvin Bwalya 3/21 in 7.5 bb).
Kenia klop Nigerië met 120 lopies
Kenia 214/9 in 50 bb (Harshvardha Patel 35 van 68 balle). Nigerië 94 almal uit in 37.5 bb (Varun Behani 30 van 93 balle; Vinit Shikotra 5/24 in 7.5 bb).
Vrydag se uitslae:
Namibië klop Kenia met 24 lopies
Namibië 188 almal uit in 50 bb (Gerhard Lötter 52 van 69 balle, 5x4 1x6; Shalako Groenewald 31 nie uit nie van 23 balle, 3x4 2x6; Luke Bolton 23 van 25 balle, 1x4 1x6).
Kenia 164 almal uit (Kennedy Ochieng 46 van 68, 5x4; Duncan Allan 37 van 97 balle; André Engelbrecht 1/22 in 6 bb; Luke Bolton 3/24 in 9.4 bb; Wian van Vuuren 2/31 in 10 bb; Zhivago Groenewald 2/45 in 10 bb).
Botswana klop Sierra Leone met 222 lopies
Botswana 348/6 in 50.0 boulbeurte (Varun Vijayakumar 117 van 79 balle, 16x4 2x6; Karabo Motlhanka 78 van 96 balle, 4x4; Manan Barot 66 van 57 balle, 8x4)
Sierra Leone 126 almal uit in 28.2 boulbeurte (Charlie Coker 25; Waseem Tajbhay 5/19 in 4.2 bb, Nabil Master 3/41 in 8 bb).
Nigerië klop Tanzanië met sewe paaltjies
Tanzanië 102 almal uit in 41 boulbeurte (Adedayo Ogunbayo 5/12 in 10 bb).
Nigerië 103/3 in 19 boulbeurte (Olumide Adeniran 55 van 53 balle, 7x4 1x6).
Zambië klop Uganda met 85 lopies
Zambië 176/7 in 50 boulbeurte (Himal Patel 48 van 89 balle, 6x4; Gladson Kandela 48 nie uit nie van 43 balle, 4x4 1x6; Faruk Ochimi 4.31 in 10 boulbeurte).
Uganda 91 almal uit in 41 boulbeurte (John Tumusiime 22 van 86 balle; Himal Patel 4/10 in 6 bb).