Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

31.08.2010

O.19-krieketspan bly op koers

© Verskaf
Christopher Coombe van Namibië stuur nog ’n aflewering na Varun Vijayakumar van Botswana, wie 76 lopies aangeteken.

NAMIBIë is as gasheerspan behoorlik op dreef in die Internasionale Krieketraad se o.19 Wêreldbeker uitduntoernooi in Windhoek waarin agt spanne meeding. Wian van Vuuren en sy span het gister moeiteloos hul tweede wedstryd teen Zambië op die Wanderersveld gewen, nadat hulle die vorige dag ook in hul openingswedstryd vir Botswana maklik geklop het.

Zambië is gister vir net 158 uitgehaal, met die voorste boulers Stephan Baard (vier paaltjies vir 35 lopies in vyf boulbeurte) en Christopher Coombe (3/12 in 4.5 boulbeurt). André Engelbrecht, Luke Bolton en Wian van Vuuren het ook elk een paaltjie platgetrek.

Die Zambiërs se beste kolftelling was die aanvangskolwer Himal Patel se 54, nadat hy vir 125 balle vasgeskop en vier grenshoue geslaan het. Gladson Kandela het ’n aanvallende 38 van 39 balle met drie viere en ’n ses behaal. In hul antwoord het Namibië se kolwers egter van meet af beheer uitgeoefen.

Die aanvangspaar Wian van Vuuren (23 van 20 balle, 4x4) en Justin Baard (45 van 36 balle, 5x4, 2x6) het die eerste 60 lopies binne net 12 boulbeurte op die telbord geplaas.

Gerhard Erasmus (36 van 76 balle, 5x4) en Stephan Baard (38 van 57 balle, 5x4) kon bekostig om die voet effens van die pedaal te haal en steeds ’n oorwinning met sewe paaltjies te verseker.
Kenia klop Sierra Leone
 
Tot dusver lyk Kenia en Uganda gewis na die ander gevaarspanne. Die Keniane is ook onoorwonne, hoewel hulle gister onverwagse teenstand van Sierra Leone gekry het. Kenia is vir 177 uitgeboul (Joseph Ochieng 51, Emmanuel Ringera 27, Vinit Shikotra 24, Duncan Allan 22), met Edward Marrah (3/22) die beste bouler vir Sierra Leone.

Sierra Leone het vroeg paaltjies verloor, maar het danksy Ibrahim Mansaray (47 van 109 balle) en veral Ibrahim Kabia (56 van 83 balle, 7x4, 1x6) ’n terugvegpoging van stapel gestuur en was so byna in ’n posisie om Kenia se telling te bedreig voordat Sierra Leone op 154 almal uitgeboul is.

Vir Kenia het Duncan Allan 3/21 geneem.

• Botswana het gister sy eerste oorwinning met 80 lopies behaal toe hy 182/9 in sy 50 boulbeurte opgestel het (Manan Barot 28, Ajanthan Sridaran 28, ekstras 35) voordat hy Nigerië vir 102 almal uit gehaal het. Sridaran was ook die beste bouler met 3/22 in 8 boulbeurte.

• Tanzanië is vir die laagste telling van die dag (84) uitgehaal (Rishpal Singh Karwal 20), wat nie genoeg was om Uganda van ’n oorwinning met nege paaltjies in net 15.5 boulbeurte te weerhou nie.

Vir Uganda het Abdallah Isaac Lubega 30 lopies bygedra. Vandag se wedstryde: Tanzanië tn Kenia by Wanderers, Uganda tn Botswana by United, Nigerië tn Zambië by CCD, Sierra Leone tn Namibië by WAP.