Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

O.19’s bly op die wenpad

© Andrew Poolman
Zhivago Groenewald was gister Namibië se mees suksesvolle bouler met vier paaltjies teen Tanzanië.

NAMIBIë se o.19-krieketspan het gister waarskynlik sy mees onoortuigende vertoning van die week gelewer, maar bevind hom nou nietemin as die enigste onoorwonne span in die huidige kwalifiserende Wêreldbekertoernooi in Windhoek.

Vandag is ’n rusdag vir die agt Afrika-spanne wat meeding om twee plekke in volgende jaar se finale uitduntoernooi. Kenia het gister sy eerste nederlaag op die lyf geloop toe Uganda, self een van die gevaarspanne, hul wedstryd met vyf paaltjies gewen het. Elke span het in die volgende drie dae nog drie wedstryde oor, met Namibië wat onderskeidelik teen Kenia, Uganda en Nigerië te staan kom.

Wian van Vuuren en sy span het gister vir Tanzanië met vyf paaltjies geklop, maar dit was nie een van hul beter vertonings nie. Op dieselfde WAP-veld waar Gerhard Lötter die vorige dag 152 van 130 balle teen Sierra Leone geslaan het, het Namibië gister net genoeg gedoen om te wen.

Tanzanië is in sy laaste boulbeurt vir 146 uitgehaal, met die hoogste telling die 52 ekstras wat Namibië in die veld afgestaan het. Al agt boulers was skuldig aan die altesame 23 wydlopers en ses foutballe is teen die gasheerspan se boulers aangeteken. Van die kolwers het Ally Mpeka Kimote (32 van 108 balle, 1x4) en Athumani Siwa Athumani (24 van 90 balle, 3x4) die beste gevaar.

Die linkerarm naatbouler Zhivago Groenewald het uiteindelik die meeste sukses behaal met sy 3/20 in 9 boulbeurte. Sy broer Shalako was ook effektief as draaibouler en het sy tien boulbeurte met 1/20 afgesluit.

Vroeër het Kobus Brand (2/18 in 4 bb), Luke Bolton (2/11 in 6.5 bb) en Wian van Vuuren 2/25 in 10 bb) ook Tanzaniërs uitgehaal. In sy kolfbeurt het Namibië egter op ongeleë tye paaltjies verloor – Wian van Vuuren vir 11 (11 balle, 2x4), Pelham Myburgh vir 20 (70b), Gerhard Erasmus vir 14 (32b, 1x4) en Justin Baard vir 2 (11b).

Die oorwinning in die 42ste boulbeurt is verseker danksy Gerhard Lötter (geboul vir 31 van 43 balle, 2x4, 1x6) en die nie-uit-nie kolwers Zhivago Groenewald (28 van 60 balle, 1x4, 1x6) en Christopher Coombe (18* van 26 balle, 1x4, 1x6). • Kenia het 155/9 in sy 50 boulbeurte opgestel.

Duncan Allan, een van Kenia se veelsydige staatmakers, het dié keer 32 van 47 balle (2x4) bygedra, met ondersteuning van Irfan Karim (33 van 69 balle, 3x4) en Kennedy Ochieng (30 van 68 balle, 2x4). Vir Uganda was Henry Senyondo met 3/18 in 10 boulbeurte die voorste bouler.

Uganda het die wenteik en behaal met twee-en-’n-half boulbeurte oor en vyf paaltjies staande. Sy beste kolwers was Henry Senyondo met 42 van 91 balle (3x4) en Faruk Ochimi (30 van 68 balle, 1x4). Kenia se beste bouler was Duncan Allan met 3/22 in 10 boulbeurte. • Botswana klop Zambië met drie paaltjies.

Zambië behaal 163 almal uit in 48.5 boulbeurte (James Zimba 30 van 52 balle, 4x4; Siddhart Ananthakrishnan 4/36, Varun Vijayakumar 4/31). Botswana antwoord met 166/7 in 45.2 boulbeurt danksy Siddhart Rangaswamy (30 van 65 balle, 4x4) en Varun Vijayakumar (33 van 29 balle, 6x4, 1x6) vir ’n oorwinning met drie paaltjies.

• Sierra Leone klop Nigerië met twee paaltjies.

Nigerië stel 199/6 op (Olusegun Ilori 31, Rotimi Adesanya 38, Olusola Anyia 38; Edward Marrah 3/17 in 10 bb).

Sierra Leone behaal 201/8 in 44.3 boulbeurt (Emmanuel Pessima 63 nie uit nie van 82 balle, 6x4; Olusola Anyia 4/35 in 8 boulbeurte).