Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

NRU ondersoek kroeggeveg

DIE Namibië Rugby-unie het sy eie ondersoek gelas ná die geveg wat Vrydagaand by die klubhuis van United Sportklub uitgebreek het. Die geveg het ontstaan nadat Wanderers en Unam ’n ligawedstryd by United gespeel het. Die hulpafrigter van die nasionale span, mnr. Johan Diergaardt, en Wanderers se Namibiese haker, JM Meyer, was in ’n geveg betrokke.

Meyer het reeds op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die hof verskyn. Die saak is tot 16 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Meyer het op sy beurt ’n klag van aanranding teen Diergaardt gelê. Dit is nie duidelik of Diergaardt ook in die hof verskyn het op die klagte teen hom nie. Die polisie-ondersoek na die klagte teen Diergaardt duur voort.

Meyer moet ook op Vrydag 1 Augustus voor ’n paneel van die NRU se uitvoerende raad verskyn op klagtes wat deur die NRU teen hom gelê is. Na verneem word was mnr. Keith Allies, die hoof uitvoerende beampte van die NRU, ook in United se klubhuis tydens die voorval. Die voorsitter van Wanderers, mnr. Pieter Fick, het ’n klag by die NRU wat betrekking het op die optrede van mnr. Allies ingedien.

Die president van die NRU, mnr. Dirk Conradie, het Dinsdag by navraag aan Republikein gesê indien bevind word dat enige beampte van ’n klub of die NRU hom aan wangedrag skuldig gemaak het, sal die NRU die gepaste stappe neem. “Dit sluit bakleiery, dronkenskap of die gebruik van skeltaal in. Op hierdie stadium wil ons net eers van die inligting vergewis,” het mnr. Conradie gesê.

Mnr. Conradie het aan die koerant gesê dat hy ’n omsendbrief aan alle klubs laat uitstuur het, waarin enigiemand met meer inligting versoek word om ’n beëdigde verklaring af te lê en aan mnr. Conradie self te besorg. Die uitvoerende raad van die NRU vergader Saterdag. By die vergadering sal besluit word of dissiplinêre stappe teen beamptes van die NRU geneem sal word.