Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.09.2010

Nasionale afrigter samel geld in vir 2011-voorbereiding


Namibië se rugby-afrigter, mnr. Johan Diergaardt (foto), het die inisiatief geneem met ’n geldsinsamelingsprojek wat Vrydagaand by Western Suburbs se klubhuis in Khomasdal momentum kry.

’n Waardevolle Springboktrui sal dan opgeveil word om die geldinsameling aan die gang te kry vir Diergaardt se reis na Nieu-Seeland saam met die visepresident van die Namibië Rugbyunie (NRU), mnr. Sarel Losper, en spanbestuurder van die Welwitschias, Greg Olivier, om die speelvelde, oefengeriewe en hotelle in die gasheerland van die 2011 Wêreldbekertoernooi te gaan inspekteer.

Die besoek aan die WB-gasheerland ’n jaar voor die toernooi word deur die Internasionale Rugbyraad vereis. Die Springboktrui is deur al die Bokke onderteken nadat hulle die All Blacks op 1 Augustus verlede jaar in Durban in ’n Drienasiewedstryd met 31-9 geklop het.

Die trui is deur die sameroeper van die SA keurkomitee, Pieter Jooste, geskenk. Nog net drie tafels is vir Vrydagaand beskikbaar teen N$2 000 vir tien mense of N$200 per persoon. Vir meer besonderhede kan Diergaardt by sel. 081 128 4840 geskakel word.