24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.08.2010

Munisipale spele dalk by kus aangebied

SWAKOPMUND kan al aanstaan- de jaar die gasheer van die Intermunisipale Spele van Suider-Afrika wees. ‘n Moontlike onttrekking deur Swaziland om een van dié land se dorpe as die basis vir die 2011-spele te gebruik, kan die Namibiese vakansieoord in die gedrang bring.

Op Swakopmund is ‘n moontlikheid van die Spele in 2012 op die dorp reeds genoem. Dit is ‘n groot geleentheid met 43 munisipaliteite wat aan verlede jaar se byeenkoms in Maputo in Mosambiek deelgeneem het. Hoewel die skatting oordrewe klink, is ‘n bewering dat die Spele N$8 miljoen in Maputo in omloop gebring het.

Die voorsitter van die Munisipale Sportklub van Swakopmund, mnr. Bennett //Khaibeb, het aan Republikein gesê die moontlikheid van Swakopmund as setel van die Spele in 2011 kan reeds vanjaar op Tzaneen in Suid-Afrika opduik waar die jaarlikse byeenkoms van 25 September tot 2 Oktober aangebied gaan word.

Swakopmund sal deur ‘n span van sowat veertig munisipale sportlui in vyf sportkodes verteenwoordig word. Die begroting vir die Swakopmundse uitstappie beloop N$330 000 waarvan ‘n subsidie deur die munisipaliteit N$100 000 is.

Die res van die geld word deur die onderskeie sportkodes en die munisipale sportklub bygebring. Die afwesigheid van die Swakopmundse amptenare met betaalde spesiale verlof verteenwoordig nog sowat N$157 000.

Mnr. //Kaibeb het beweringe ten sterkste ontken dat Swakopmund hom behalwe vir ‘n gholfspan aan die byeenkoms in Suid-Afrika onttrek het. ‘n Skindery was dat die ander sportkodes nie genoeg geldelike steun vir die reis bymekaar kon kry nie. Mnr. //Khaibeb sê net sokker kon nie die geldelike verpligtinge nakom nie en bly gevolglik tuis.

Die gholfspan bestaande uit vyf spelers het hul eie weg na Tzaneen gebaan met die opbrengs van ‘n gholfdag en spelers wat vir eie kostes instaan. Die ander kodes het ook byeenkomste gehou om geld in te samel met die verkoop van kaartjies in ‘n gelukstrekking wat die grootste opbrengs gelewer het.

Die kaartjies is teen N$100 elk verkoop en tweehonderd boekies, elkeen met twintig kaartjies, is versprei. ‘n Aansienlike borgskap is ook deur ‘n mynmaatskappy onderneem. Volgens mnr. //Khaibeb het die oorspronklike sending van Swakopmund uit 55 spelers bestaan. Met die onttrekking van sokker het dit afgekom na 38, maar toe het twee spelers van ander kodes weer bygekom.

Die stadsraad het op sy maandvergadering ‘n Swakopmundse kontingent van 46 spelers oorweeg met twee name wat verwyder is omdat die betrokkenes nie munisipale amptenare was nie. Vlugbal stuur ‘n span van 16, pyltjies een van ses, poelbal een van vier en netbal ‘n span van tien.

Oor die begroting vir deelname aan die Spele sê mnr. //Khaibeb net registrasiegelde beloop N$10 000. Nog ‘n groot uitgawe is die busvervoer.

Die Swakopmunders sal op 23 September vertrek en sal die oggend van 4 Oktober op Swakopmund terug in hul poste wees. Die gholfspan het op verlede jaar se Maputo-spele ‘n goue medalje verower en Swakopmund se netbalspan is ook die verdedigende kampioene.