24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Metropolitan skolerugby ’n reuse-sukses

© Boet Matthews
Mariental, wenners van die o.14B-liga. Hul oorwinning van 48-5 was die grootste van die dag.

DIE naweek het duisende toeskouers in die Hage Geingob-stadion saamgedrom om plaaslike skole op die rugbyveld te ondersteun. Die jaarlikse Metropolitan Raadsbeker eindstryde het soos in die verlede vir uithalerspel en skouspelagtige drieë gesorg.

Die kompetisie tussen sommige skole is intens en op die pawiljoene skuur ouers behoorlik skouer om hul kinders aan te spoor. Windhoek Gimnasium, met Canon as sy borg, het Saterdag die gesogte o.14A en o.15A afdelings gewen en gewaarsku dat hy in 2011 nog meer trofeë wil inpalm.

Net so het skole in die Suide bewys dat hulle elke jaar verbeter toe Mariental die eerste doodskoot van die dag se spel gevuur het met ’n 48-5 wegholsege oor WHS.
© Boet Matthews
Windhoek Gimnasium se span wat die o.15A-liga teen Windhoek Hoërskool ingepalm het. Die telling in die eindstryd was 41-7.
Later die dag het aanhangers van Elnatan die Hage Geingob-stadion laat brul toe hul seuns die uitspeelwedstryd vir die derde plek in die o.19 Superliga teen Walvisbaai met 33-24 gewen het.

Dit was ’n aanskoulike wedstryd met verskeie pragdrieë. Die trots van Rehoboth, Big Daddy Dr. Lemmer, kon wel nie die Superliga-eindstryd teen Samsung WHS wen nie, maar was ’n waardige finalis en kan volgende jaar met nuwe geesdrif aanpak.
© Boet Matthews
Novel Elnatan, plaatwenners van die o.19 Superliga.
Gobabis Gimnasium het ook sy stempel afgedruk met ’n welverdiende 29-12 oorwinning oor WHS in die o.19C-eindstryd. Vanuit die noorde het die seuns van Grootfontein ook diep in die harte van ondersteuners gekruip met hul 22-13 oorwinning oor Jan Möhr in die o.15B-finaal.

In die o.19D-eindstryd het WHS met 15-10 teen Ella du Plessis gewen. Saterdag het egter behoort aan WHS se onoorwonne eerste span wat die Metropolitan Raadsbeker vir die vierde jaar op ’n streep en die 13de keer sedert 1995 omhoog gehou het.