
Die Namibiese langasem Manie Ross vertrek volgende Vrydag om aan die 27 km Freedom Run in die Paarl ter ere van Suid-Afrika se oudpresident Nelson Mandela deel te neem. Ross is tot dusver die enigste Namibiër wat aan die geleentheid gaan deelneem en gaan probeer om soos verlede jaar sy teenstanders in die kategorie 50 jaar en ouer kaf te draf. Die begin- en die eindpunt is by die Mandela-standbeeld voor die geskiedkundige gevangenis. Verlede jaar het 8 000 deelnemers die wedloop oor 27 km genaamd “In die voetspore van Madiba” aangepak. Ross sal weer Sondag huiswaarts keer met die vliegkaartjie wat PEP Namibia heen en weer geborg het. Ross (links) ontvang die vliegkaartjie van Corné Visser, bestuurder van PEP in Namibië.