|
|
10.1.2012 Hittegolf: kyk wat doen die diere |  George Groenewalt van Windhoek se kat is net so moedeloos omdat die uitgerekte hittegolf nie wil wyk nie. Hy sê sy lig nie eens meer haar kop op nie, maar bly net op die rusbank voor die waaier lê. Lees meer |
|
21.12.2011 ‘n Tyd van die jaar om te glimlag! |  “AS dit Vrydag word, is Tiekie die hond gereed om plaas toe te ry,” skryf Sidney Martin tong in die kies. “As ons eers op die grondpad kom, bestuur Tiekie self en kan nie wag op die plaas te kom nie.”
Skryf Sidney ook van die plaas Klawerjas, Hochfeld: ... Lees meer |
|
25.10.2011 Rehoboth vang haka-gees |  Republikein het gister die foto ontvang van hoe All Black-ondersteuners Sondag die Haka in Rehoboth se strate gedoen het. Lesers kon nie met sekerheid sê wie die fotograaf is nie. Lees meer |
|
22.3.2011 Stormers juig in Windhoek |  Getroue ondersteuners van die Stormers het die naweek in Windhoek bankvas voor die televisie gesit en die aksie gevolg hoe die Kapenaars die Bulle behoorlik met 23-13 gekarnuffel het.
Van links sit Franco Hydenrich, Joe Muller en Willem van der Merwe wat ... Lees meer |
|
10.1.2011 Dapper vrou word gered |  Die meisie op die dek van die gestrande boot by Walle was volgens Dericka Vermeulen wat die foto’s ingestuur het, baie dapper om die wrak te bestyg. Die afkomslag was egter nie so maklik nie en twee mans moes haar gaan red. Lees meer |
|
21.12.2010 Raad vir bruidegom |  Hierdie foto spreek vanself. “Hy het baie haastig by ons verbygery – óf laat vir die troue óf nog gou iets vir oulaas gaan koop? Dit was vir my ’n lekker humoristiese foto en ai, ek wens ons kon die arme man help,” sê Jermanneke Havenga. Die foto is Saterdag op Swakopmund geneem. Lees meer |
|
10.11.2010 Kitskos! |  'n Reuse ribbekas is die vrag wat hierdie motorryer in sy kattebak vervoer. Vir André Pretorius was dié oomblik so komieklik dat hy nie anders kon as om ’n foto daarvan na Republikein te stuur nie. Hy het die foto in die ry met sy selfoon geneem en sê dat taxi’ ... Lees meer |
|
|