|
|
10.3.2010 Mahangu-oes dalk beter as in 2009 |  BESTAANSBOERE in die Noorde is in die algemeen tevrede met vanjaar se reënval en hulle is vol hoop dat die mahanguoes baie beter as die afgelope twee jaar sal wees.
Hoewel sommige mahangulande deur reënwater bedreig word as gevolg van onlangs neerslae, is die meeste aanplantings buite gevaar. Lees meer |
|
9.3.2010 NLU, LPO vergader vandeesweek |  DIE nuwe Wet op Grondhervorming en die doeltreffendheid van die naspeurbaarheidstelsel teen die agtergrond van die beesdiefstalsindikaat en sy bedrywighede, is vandeesweek in die georganiseerde landbou se soeklig.
Die Namibiese Landbou-unie (NLU) en die Lewendehaweprodusente- ... Lees meer |
|
9.3.2010 Landbou-unie by !Naruseb |  DIE president van die Namibiese Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, en die unie se uitvoerende bestuurder, mnr. Sakkie Coetzee, het Vrydag besoek gebring aan die Minister van Grond en Hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb.
Die besoek spruit uit die ... Lees meer |
|
9.3.2010 CCF vier 20 jaar van bewaring |  DIE Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) met sy basis by Otjiwarongo vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar en het onlangs al sy skenkers vir hul geldelike ondersteuning bedank.
Die fonds het bekend gemaak dat sy doelwit om vanjaar N$150 000 vir sy werksaamhede in te samel, bereik is. Lees meer |
|
9.3.2010 Meatco-braaidag om die draai |  Meatco se nasionale braaidag word vanjaar op 23 en 24 April op Gobabis gehou. Verlede jaar se wenner, die Sonop Boerevereniging tree as gasheer op en beloof om weer ’n baie goeie span in te skryf.
Die tema is Sokkerwêreldbeker 2010 en 10 sosiale ... Lees meer |
|
9.3.2010 Projek wil MIV-lyers beter voed |  ’n LANDBOUPROJEK van ’n ondersteuningsgroep vir mense in die Oshakati-gemeenskap wat MIV onder lede het, is uiteindelik op dreef nadat die projek in sy beginstadium deur verlede jaar se oorstromings tot stilstand gedwing is.
Lede het vandeesweek die hoop op ’ ... Lees meer |
|
9.3.2010 Lesing oor veilingsreëls vir boere | DIE Windhoekse landbouvoorligtingskantoor nooi boere om te kom luister na ’n praatjie oor die protokol vir lewendehawe by veilings. Dit sluit in alle aspekte oor permitte en die nakoming van die naspeurbaarheidreëls soos vereis deur die direktoraat veeartsenydienste. Lees meer |
|
2.3.2010 Koue winter verhoog wêreldvraag na pelse |  MET die 13 April-pelsveiling in Kopenhagen, Denemarke, om die draai, heers goeie verwagting onder karakoelprodusente in die land.
Net minder as 80 000 pelse is deur Agra se pelssentrum vir die veiling ontvang en met die grys- en uitskotpelse wat agterbly, ... Lees meer |
|
2.3.2010 Nuwe geweersmids by Safari Den |  Agra het twee junior geweersmids by Safari Den in Windhoek aangestel. Hulle is Jörn Brummund (links) en Holger Dennler wat pas vier jaar opleiding as geweersmids in Ferlach, Oostenryk, voltooi het. Hulle sal hul verdere indiensopleiding onder die meestershand van mnr. Lees meer |
|
|