Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Kudus Rugbyklub onoorwonne op Kaapse toer


Kudus Rugbyklub het gewys dat hy reg is vir die komende MTC Premierligaseisoen toe hy aldrie sy wedstryde op sy weeklange toer na die Paarl gewen het. Die toer het as voorbereiding gedien vir die liga wat binnekort begin en Kudus het oorwinnings teen onderskeidelik Victor Verster (57-12), Allendale (47-0) en Young Gardens (17-13) behaal. Uitstekende hardlooprugby was aan die orde van die dag. Borge sonder wie die toer nie moontlik sou gewees het nie, is Etosha Fisheries/Ocean Brands, Boeta’s Express, Namibia Beverages en Extreme Customs Services. Die groep het ook die geleentheid gehad om die Stormers en die Waratahs se Super 14-wedstryd op Nuweland by te woon. Die klub beoog om hierdie toer ’n jaarlikse instelling te maak.