24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.08.2010

Krieketspan klop Botswana

DIE Namibiese krieketspan het gister ’n suksesvolle wegspring beleef as gasheer van die Internasionale Krieketraad se o.19 Wêreldbeker uitduntoernooi wat gister in Windhoek begin het. Agt Afrika-spanne ding in die toernooi mee.

Die Namibiërs het Botswana gister by die United-veld met 27 lopies geklop. Die tuisspan het 263/8 in sy 50 boulbeurte opgestel danksy handige bydraes van die kaptein Wian van Vuuren (27 van 29 balle, 1x4, 2x6) en sy aanvangsvennoot Pelham Myburgh (26 van 47 balle, 5x4), Gerhard Erasmus (18 van 27 balle, 2x4), Zhivago Groenewald (28 van 29 balle, 4x4, 1x6).

Dit was egter die vennootskap van Christopher Coombe (geboul vir 48 van 74 balle, 4x4) en Bredell Wessels (nie uit nie op 46 van 50 balle, 2x4, 2x6) wat die wedstryd buite die bereik van Botswana help plaas het. Shalako Groenewald was ook onoorwonne met 16 van 9 balle (2x4).

Botswana is in sy 50 boulbeurte tot 235/9 beperk danksy die boulwerk van Stephan Baard (9.0-1-35-2), Wian van Vuuren (10-1-37-1), Shalako Groenewald (10-0-40-2) en Christopher Coombe (10-0-46-20). In nog ’n wedstryd gister het Uganda maklik teen Nigerië (67 almal uit) gewen.

Die wedstrydprogram vir die res van die week:
Vandag: Sierra Leone tn Kenia by CCD, Namibië tn Zambië by Wanderers, Uganda tn Tanzania by United, Nigerië tn Botswana by WAP.

Môre: Tanzanië tn Kenia by Wanderers, Uganda tn Botswana by United, Nigerië tn Zambië by CCD, Sierra Leone tn Namibië by WAP.

Woensdag: Nigerië tn Sierra Leone by Wanderers, Botswana tn Zambië by United, Uganda tn Kenia by CCD, Tanzanië tn Namibië
by WAP.

Vrydag: Uganda tn Zambië by Wanderers, Sierra Leone tn Botswana
by United, Namibië tn Kenia by CCD, Tanzanië tn Nigerië
by WAP.

Saterdag: Uganda tn Zambië by Wanderers, Zambië tn Sierra Leone by United, Botswana tn Tanzania by CCD, Kenia tn Nigerië
by WAP.

Sondag: Uganda tn Sierra Leone by Wanderers, Namibië tn Nigerië by United, Zambië tn Tanzania by CCD, Kenia tn Botswana by WAP.