12.03.2010 Khomas-netbal hou klubkampioenskap
DIE netbalseisoen begin môre met ’n knal wanneer die jaarlikse Khomas klubkampioenskap by die Khomasdal-bane gehou word. Wedstryde word op ’n rondomtaliegrondslag gespeel met die eerste fluitjie wat om 08:00 blaas.
Altesame 18 spanne van elf klubs sal sake in die eerste, tweede en derde ligas uitspook. Elke span bestaan uit agt spelers, ’n skeidsregter en ’n afrigter. ’n Reëlbespreking met alle skeidsregters sal vanaand sesuur by die Khomasdalbaan plaasvind.
Die spanne wat ingeskryf het, is:
Eerste liga:
African Stars (2009 ligakampioen), Civics (derde in die 2009 liga), United, Unam, WOK. Tweede liga: African Stars 2 (derde in 2009 liga), Bethlehem A, Bethlehem B, Kalahari Sands, Polytech, Unam, WOK.
Derde liga:
Nampowe r, Kalahari Sands, Civics, Young Ones, NTDC. Die toernooi se hoofborg is Metropolitan Namibië.
Die wenner van elke afdeling sal ’n wisseltrofee en gouemedaljes ontvang. Silwer- en bronsmedaljes wag op die spanne in die tweede en derde plekke, terwyl Namibia Beverages koeldranke en waterbottels as troosprys vir die spanne in die vierde plek borg.
Vir navrae kan Dalene Coetzee by sel. 081 124 7030 of Isadore Nell by 081 122 2278 geskakel word.
|