24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.02.2012

Köhne stel doelwit as beroepsjaer

© Francois Poolman
DIE 27-jarige Heinrich Köhne sal vir die tweede keer aan die Omaruru Spar-byeenkoms deelneem, nadat hy afgelope naweek tweede in die 75 km padwedrenafdeling van die Nedbank Cycle Classic geëindig het.

“Fietsry is nie my beroep nie, anders sou ek nie hoef te gewerk het nie. Fietsry is wel vir my soos ’n obsessie. Ek is meer gefokus op bergfiets en neem grootliks aan padwedrenne deel as oefening en voorbereiding vir bergfietsritte. Ek wil graag professioneel fietsry , maardie geleentheid het nog nie vir my opgeduik nie,” het Köhne gesê.

Köhne sê dit is moeilik vir enigefietsry er om op plaaslike vlak in die internasionale fietsrygemeenskap raakgesien te word. “ Ek moet op ’ n internasionale vlak beginkompeteer om die nodige blootstelling te kry en moontlik deur ’ n internasionale beroepspan raakgesien te word,” het hy verduidelik.

Köhne waste leurgesteld met sy deelname in Saterdag se 37 km bergf ietsafdeling van die Nedbank Cycle Classic, nadat hy vyfde in ’n tyd van 1 uur 52 minute 42 sekondes klaargemaak het. “My eindposisie was daardie dagbuite m y be heer . Gedurende die wedren het my fiets gebreek en ek kon nie klaarmaak in die tyd wat ek andersins sou nie,” het Köhne gesê.