Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Vuisbal 2009


Advertensie

Ons Argiewe

22.06.09

Ongeluk met eie styl?

23.06.09

Rehoboth se e-boewe maak ’n porno-reeks

22.06.09

Nuwe gesigte in Swapo se stal

23.06.09

Koud, kouer, bibberste...

22.06.09

Ongeluk by ongeluk eis vyf menselewens

13.01.2009

Ingo en sy ysterperd verby halfpadmerk in Dakar

DIE 2009 Dakar tydren is besig om sy tol op man en masjien te eis. Die tydren wat vanjaar vir die eerste keer nie in Afrika plaasvind nie, is beslis nie makliker as vorige jare nie. ’n Hele spul deelnemers wat jarelange ondervinding in die motorfiets- en motorafdelings het, moes weens tegniese probleme onttrek.

Suid-Amerika is nie vir sissies nie, en dit is bewys met die tydren wat van die mees onbegaanbare terrein denkbaar in agt skofte opgelewer het. Vanjaar se tydren het ook reeds die lewe van ’n motorfietsryer geëis. Pascal Terry (49), ’n Franse motorfietsryer, is tydens die vierde skof van vanjaar se tydren dood gevind.

Ingo Waldschmidt, die eerste Namibiër ooit wat aan die tydren deelneem, is nog goed op dreef. Hy is reeds verby die halfpadmerk, maar ook hy het reeds ’n paar probleme ondervind. Waldschmidt het tydens die sewende skof (Vrydag) waardevolle tyd verloor nadat die roete verkort is.

Die organiseerders het die roete verkort vanweë reënneerslae wat gedeeltes van die roete onbegaanbaar gemaak het. Ingo het vergeet om ’n sekere deel van sy padkaart te verander en dit het meegebring dat hy tydens die skof ’n afdraai gemis het, en moes omdraai nadat hy dit agtergekom het.

Die elektroniese meganisme wat die padkaart aandraai, se motor het gebreek omdat dit te veel stof opgetel het. Ingo het aan sy vrou Lisa vertel dat hy ’n nuwe meganisme vir meer as N$5 000 moes koop. Tydens Saterdag se rusdag het een van sy motorfiets se agterwiele ook verdwyn.

Ingo het gesê sy tegniese span het die wiel met velling en al ingehandig sodat ’n nuwe band oorgetrek kon word. Toe hulle later die dag die agterwiel gaan afhaal, het dit spoorloos verdwyn. Die plaaslike bevolking is glo baie vriendelik. Ingo het vertel dat die mense die deelnemers by die oornagpunte inwag en dat hulle behoorlik deur ’n nou tonnel van toeskouers moet ry tot in die oornagkampe.

Sondag se skof 8 het goed vir Ingo goed afgeloop. Hy het in die 85ste posisie op die algehele ranglysgeëindig. Gister het hy die negende skof in die 54ste posisie weggespring. Die roete het wyd uiteenlopende terrein, wat volgens Dakar se webblad, die deelnemers se vaardighede tot die uiterste sal toets.

Die skof strek oor 536 km van La Serena tot Coppiapo. Oor 448 km sal jaers se tyd gemeet word, met die res wat aansluitingsroetes tot by die volgende oornagpunt is. Die webblad berig dat die deelnemers se navigasievaardighede skerp sal moet wees.

Die deelnemers op die motorfietse sal geen kanse kan waag nie, aangesien die terrein besonder goeie hantering gaan verg. Die skof sluit ook weer duine in, wat Ingo tot dusver goed bemeester het. Hy het egter in een van die vorige duineskofte ’n kontrolepunt gemis en is met vyf minute gestraf.