
Van links is Johan Burger van Afrisam by Hilbertine Mbasuva (NSSU), Erwin Katjatako (NSSU) en Rudolph Mupiri (NSSU).
AFRISAM Cement Namibia het Vrydag ‘n borgskap van N$14 700 aan die Namibiese Skolesportunie (NSSU) oorhandig. Die borgskap gaan vir die onder 17 seuns en dogters nasionale sokkerkampioenskap. Die kampioenskap vind op Saterdag 26 Julie op Rundu plaas.
Die bestuurder van Afrisam, mnr. Johan Burger, het by die borgoorhandiging gesê sy maatskappy het begrip dat daar steeds groot tekorte aan hulpbronne en fasiliteite vir jong spelers van die 13 streke van Namibië is. Hy het egter gesê dat die tekortkominge kry nie die jong talent van Namibië onder nie. “Spelers in selfs die mees afgeleë dele van die land kompeteer en probeer om in die nasionale kampioenskap deel te neem.”
Mnr. Burger het die NSSU geloof vir hul harde werk om te verseker dat alle kinders in die land blootgestel word aan sport met behulp van hul sportontwikkelingsprogram. Hy het ook gesê die kompetisie is een van die hoogtepunte van skolesport.