25.07.2008
© Francois Poolman
Henco Serdyn is een van twee Namibiërs wat deur is na die halfeindrondte van die Internasionale Tennisfederasie se onder 18 junior tennisreeks in Suider- en Sentraal-Afrika se eerste toernooi nadat hy gister vir Byron Mumyariwa van Zimbabwe met 6-3, 6-3 uitgeskakel het. Serdyn, derde gekeur vir die toernooi, kom vandag teen die topgekeurde Suid-Afrikaner Pieter Becker (Foto) te staan. Riekie Honiball is vandag die ander Namibiër in ’n halfeindstryd, teen Dane Joubert van Suid-Afrika, nadat sy gister vir Vaniya Dangwal van Indië met 7-6, 6-3 geklop het.