Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.03.2010

Gimnastiekskouspel!

Afrika-kampioenskap by kus

© Boet Matthews
Van die plaaslike meisiesgimnaste wat verlede week die laaste afronding gedoen het voor hul groot oomblik op Walvisbaai.
VAN die vasteland se voorste junior en senior seuns- en meisiesgimnaste is in aksie by die Afrika gimnastiekkampioenskap op Walvisbaai. Liefhebbers van die sport kry ’n gulde geleentheid om by die Walvisbaai binnenshuise sportkompleks die Namibiese span te ondersteun. Dié aansporing is nodig, veral teen Egipte, Marokko en Suid-Afrika, drie van die vasteland se grotes wat aanspraak maak op medaljes.

Die hoogtepunte van die twee weke lang toernooi is vandag en môre wanneer die span- kompetisies gehou word. Die Namibiërs het die afgelope maande met intensiewe oefensessies voorberei vir die grootste skouspel op die vasteland. Met al die haakplekke uitgestryk, is die kompetisie in volle swang en beamptes van die Namibiese Gimnastiekfederasie kan hulself ’n klop op die skouer gee vir die afgelope weke se harde werk.

So ook al die maatskappye wat insette gelewer sodat die kompetisie kan plaasvind. Soos verwag is die talentvolle JR Franks, Morihei Anderson en Paul van der Merwe, almal van Excelsior, vir Namibië se nasionale junior seunspan gekies. Van die seuns het onlangs by die Sone Ses tuimelkampioenskap in Suid-Afrika met gouemedaljes weggestap.

Franks se veelsydige talent in gimnastiek het gesorg dat hy die afgelope jare gereeld ’n medaljewenner is. In die senior manspan is die hoop gevestig op Robert Honiball, wat in Suid-Afrika studeer. Die gebore Namibiër vaar goed op internasionale vlak en is goed op dreef. In Suid-Afrika bied hy strawwe teenstand en laat hy gereeld die Namibiese vlag hoog wapper.

In die senior meisiesafdeling word die gasheerland deur Chloe Hansen, Kimberly-Ann van Zyl, Elmarize Oosthuizen (almal Excelsior), Lynique Louw (Walvisbaai gimnastiekklub) en Nicole Loubser (Swakopmund) verteenwoordig.

Die juniors is Mari-Louise du Plessis, Laetitia du Plessis (albei van Excelsior), Jessica Jaeger, Nadine Jaeger (albei van Crete) en Danni Biewenga van Walvisbaai gimnastiekklub.

Excelsior se Kimberly-Ann van Zyl, wat by die Universiteit van Pretoria in sosiale wetenskap studeer, het heelwat ervaring op die hoogste vlak en is een van die Namibiese gimnaste wat medaljes kan inoes. Die afrigters is Juliana Simonfi (meisies) en Vasile Bogdan (seuns).