23.07.2008

Gholfdag baat Bybelverspreiding

DIE Bybelgenootskap van Na¬mibië hou hul jaarlikse gholfdag op 1 Augustus 2008 ten bate van Bybelverspreiding in die land. Die dag word deur Securitas geborg. Meer as 30 spanne gaan vanjaar deelneem in die toernooi by die baan van die Windhoekse Buiteklub. Vir meer inligting of om in te skryf, kontak die By¬belgenootskap by 235090 of faks 228663.