24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.08.2010

Dr. Lemmer wil WHS môre verras


AS mens na die rekordboeke kyk, is Windhoek Hoërskool die oorweldigende gunsteling om die o.19 Superliga rugbytrofee in die Metropolitan Raadsbekerreeks vir hoërskole vir die 13de keer in 16 jaar in te palm. Hulle kom môre om 18:30 in die Hage Geingob-stadion teen Dr. Lemmer van Rehoboth te staan.

’n Onderwyser van Dr. Lemmer het verduidelik: “Op hierdie oomblik lyk alles op papier teen ons. WHS se spanlys bevat 18 spelers wat die land vanjaar op verskeie vlakke verteenwoordig het. Ons het drie spelers wat nasionale kleure ontvang het. Een van hulle, Godwin Gaoseb, moes noodwendig weens siekte onttrek en sal nie môre vir ons buitesenter kan speel nie.”

Dit is ’n groot terugslag vir Dr. Lemmer en sy tegniese span wat ’n gedugte vyftiental vir die Superliga-eindstryd moet kies. Van een ding kan Dr. Lemmer verseker wees, naamlik die ondersteuning van die gemeenskap, spelers en beamptes van Rehoboth Rugbyklub en Reho Falcon. Môre se eindstryd behoort ’n naelbyter wees, want Dr. Lemmer gaan nie toelaat dat WHS oor hulle loop nie.

Aikona die geel en groen truie is oorgehaal om die bordjies te verhang nadat hulle vroeër vanjaar deur WHS afgeransel is. In die hoofstad is WHS die meeste mense se gunsteling, en dit kos altyd ’n spesiale poging om die bloues in ’n eindstryd te klop.

Alle paaie lei vanaf 07:30 môre na die Hage Geingob rugbystadion in Windhoek waar die Metropolitan Raadsbeker vir skolerugby op die spel is. Meer as 400 spelers sal aantree om die 20 spanne wat nog ’n sê in die rugbydaghet, te verteenwoordig. In die eindstryd is dit die superspanne van die Hoërskool Windhoek en Dr. Lemmer wat mekaar vir die hoogste eer die stryd aansê.
Dr. Lemmer is vasberade om môre sy naam by die uitsoekgroepie (HTS 1998, Walvisbaai 2002, Elnatan 2006) te voeg wat dit sedert 1995 kon regkry. Republikein was Dinsdag op Rehoboth waar die seuns by hul skoolveld geoefen het. Die o.19 seuns se afrigterspan wou nie veel uitlaat oor die eindstryd nie, maar het gewaarsku dat hulle nie onderskat mag word nie.

“Ons het deurgedring na die eindstryd en dit sê genoeg. Verlede jaar is ons in die kwarteindronde uitgeskop, maar vanjaar het Dr. Lemmer opgestaan en bewys dat hulle een van die toonaangeërs in skolerugby, veral in die Hardap-streek is. Een van Dr. Lemmer se afrigters, mnr. Cornell Mostert, het aan die koerant gesê: “In 2003 was ons in Superliga- eindstryd teen WHS waar ons naelskraap met 20-17 geklop is. Vanjaar het ons by HTS se rugbydag tot die eindstryd deurgedring en is deur die einste WHS afgeransel. Maar glo my, ons word wyser met elke wedstryd.”

Die land wag in spanning om te sien of Cornell (Mossie) Mostert en die res van Dr. Lemmer dalk met ’n troefkaart of twee vorendag kan kom.

Die spanne vir die hoofwedstryd: Big Daddy Dr. Lemmer: Gershwin Mouton, Stewart Swartz, Kerwin Johr, Des-Lee Beukes, De-Selvano Beukes, Lou Rickerts, Ethan Baron; Danray du Plessis (kapt), Ashallo Morkel, Delrick van Wyk, Alexander Cloete, Cod-William Freygang, Dwayne Dunn, Jason Swartz. Reserwes: John Kisting, Dyllan van Wyk, Anthony Beukes, Roumat Swartz, Enrico Benadé, Gerswin Mouton, Ashley Claasen. Afrigters: Mnre. Dawid Abrahams en Cornell Mostert. Samsung WHS: Jaco-Martin Venter, Denver Murorua, Berto Miller, Johan Deysel (kapt), Louwrens Mynhardt, Daniël Arries, Attie Joubert, Gerhard Lotter, Herman Krause, Hennie v.d. Westhuizen, Sven Reimers, JJ Pretorius, LeClue Louw, Rathony Becker, Quinton Esterhuizen. Reserwes: G.D. Orlam, Janco Venter, Gert Henning, John-John Schickerling, Ethan Beukes, Armand Pienaar, Tiaan Rabe. Afrigters: Mnre. Jan Dames en Johan Deysel.