7.09.2010 Dertig na Delhi
 Japhet Uutoni het vier jaar gelede die gouemedalje by die Statebondspele in Melbourne oopgeveg, ondanks die handbeserings wat hy op pad na die eindstryd opgedoen het. Die moedige vlieggewigvegter is opnuut vir die 2010 Statebondspele in Delhi gekies.
MET minder as ’n maandoordat die 2010 Statebondspele in Delhi, Indië begin, het die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) voor die naweek die groep aangekondig wat die land in agt sportkodes gaan verteenwoordig. Die groep bestaan uit 30 atlete (nege vroue en 21 mans) en elf beamptes (vyf vroue, ses mans). Die sperdatum vir atlete se kwalifisering was op 31 Augustus, waarna die NNOK se Statebondkomitee al die toepaslike inligting en dokumente oorweeg het om die span saam te stel.
By die aankondiging het die NNOK se sekretaris-generaal, mnr. Abner Xoagub, beklemtoon dat Namibiese atlete ’n groter wenhonger op internasionale vlak ten toon moet stel. As aansporing word gestel dat Namibiërs wat Statebondtitels wen, voorkeur sal kry wanneer die span vir die 2012 Olimpiese Spele saamgestel word, asook voorkeur wanneer geld vir voorbereiding vir die Olimpiese Spele nodig is.
Mnr. Xoagub het gesê al die gekose atlete is nommer een of twee in Afrika en het sodoende gewys dat hulle die nodige eienskappe het om suksesvol op die wêreldarena mee te ding. Om die rede is hy positief oor Namibië se kanse om met medaljes terug te keer. Net in enkele sportkodes is nog moontlikhede dat beamptes (afrigters of spanbestuurders) se name bygevoeg kan word.
Die NNOK werk volgens ’n formule waarvolgens die aantal atlete wat gekwalifiseer het, bepaal hoeveel beamptes hulle vergesel. Omdat Namibië op prestasie gefokus is, word ’n afrigter oor die algemeen belangriker as ’n spanbestuurder beskou. Namibië se span:
ATLETIEK
Beata Naigambo
Reinhold Iita
Tobias Hiskia (afrigter)
Alna Similo (bestuurder)
BOKS
Lukas Sakaria
Mikka Shonnena
Mujandjae Kasuto
Elias Nashivela
Tobias Munihango
Japhet Uutoni
Simon Joseph
(Spanbestuurder sal aangewys word)
BOOGSKIET
Benjamin van Wyk
Johannes Grobler
Dirk Bockmühl
Frank Bockmühl (afrigter)
FIETSRY
Dan Craven
Erik Hoffmann
(Spanbestuurder sal aangewys word)
GIMNASTIEK
Kimberly-Ann van Zyl
Robert Honiball
Juliana Simonfi (afrigter)
Vasile Bogdan (afrigter)
Dongina Risser (bestuurder)
ROLBAL
Charlotte Morland
Diana Viljoen
Lesley Vermeulen
Theuna Grobler
Beatrix Lamprecht
Willem Esterhuizen (snr.)
Will Esterhuizen (jnr.)
Otto Krahenbuhl
Graham Snyman
Steven Peake
Ian Crawford (afrigter)
Catherine Swart (afrigter)
SKIET
Gaby Ahrens
Gielie van Wyk
Hasso Ahrens (afrigter)
SPORT VIR GESTREMDES
Johanna Benson
Ruben Soroseb
Drusilla Kandjii (afrigter)
Niklaus Nghumono (bestuurder)
|