Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

23.07.2008

Craven wen ’n grote in Frankryk


Die Namibiese fietsryer, Dan Craven, behaal die grootste oorwinning van sy loopbaan. Sy sege is een van die grootste prestasies deur ’n Namibiese fietsryer op ’n Europese byeenkoms.
DAN Craven van Omaruru het Sondag een van die grootste oorwinnings van sy loopbaan behaal toe hy die Cristal Energie Grand Prix in Frankryk in 4 uur 38 minute 37 sekondes gewen het. Hy het 21 sekondes voor fietsryers van Frankryk en Pole, Bonnafond Guillaume en Marycz Jaroslaw, in die tweede en derde plekke geëindig.

Bonnafond en Marycz se tye is albei as 4 uur 37 minute 58 sekondes aangegee. Die moordende tog oor 200 km is deur 72 fietsryers van meestal Europese lande voltooi. Honderd en vier deelnemers het langs die roete uitgeval. Craven se merkwaardige prestasie het gevolg op ’n reis van nege uur die vorige dag van die grensgebied tussen Switserland en Italië die vorige dag en teen die sterk weerstand van die Franse gunstelingspan, Agritubel.

Die Namibiër se tydelike tuiste is in Switserland. Hy het vir die span Fidibc.com deelgeneem. Die behuising wat aan besoekende fietsryers toegeken was, was ook nie bevorderlik vir prestasies nie. In sportkringe word sy sege uitgemaak as een van die grootste prestasies deur ’n Namibiese fietsryer op ’n Europese byeenkoms. Craven self het gesê hy het altyd uitgesien na ’n byeenkoms in Frankryk.

“Ek het nooit groot verwagtinge vir ’n byeenkoms in Frankryk gekoester nie,” het hy gesê nadat hy by die wenpaal erkenning aan Namibië gegee het. “Ek is feitlik dood,” het hy gesê pas nadat hy die wedren gewen het. Hy was ook vol lof vir die wyse waarop Marycz Jaroslaw van Pole, ook van Fidibc.com, hom aangemoedig het. Marycz, in fietskringe bekend as Maro, was derde. Volgens Craven was Maro in vervoering oor sy oorwinning.

As dit nie daarvoor was nie, kon hy selfs vir Bonnafond Guillaume ’n stryd om die tweede plek aangesê het. Craven het sowat 4 km van die beginpunt die eerste keer weggebreek, maar is gou ingehaal en was toe sowat dertigste agter ander deelnemers. Hy en tien ander ryers het toe ’n tweede keer weggebreek en na sowat 100 km was daar ’n geskatte dertig ryers voor hom.

Sowat 40 km van die wenpaal het hy en Jaro saam met nege ander jaers weggebreek. Eensklaps was daar net een amateur jaer voor hom en hy het besef niemand jaag hulle twee nie. Sowat 15 km voor die einde het hy met sy finale aanslag teen ’n Fransman gekom. “Eenklaps was ek voor. Dit was ’n stryd teen ’n sterk wind van voor. Ek het gevoel alles tap aan my krag en ek het geweet my voorsprong krimp.

Voor die wenpaal is daar ’n steilte van sowat 1,2 km en dan ’n gelyk strook van 300 m. Teen die hoogte uit het dit my gevoel of ek stilstaan. Ek kon byna nie verstaan hoe Bonnafond my nie kon inhaal nie. Eensklaps was ek op ’n stuk plat aarde. Agter my het ek die motorfietse gehoor. Ek het geweet dat Bonnafond ’n hele entjie agter my moes wees. Die besef het deurgedring dat ek gaan wen,” het Craven aan Republikein gesê.