24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Collin voorste ruiter in Afrika

© Jacques du Toit
Die wenner van die Afrika-kampioenskap op Walvisbaai, Collin Tjandja, by sy perd El Sham Khemo. Hoewel dit sy derde uithourit op Walvisbaai was, was dit nie makliker nie. “Dit is seker die moeilikste baan in Namibië,” sê Collin.
’n MAN met sy herkoms in Damaraland is Afrika se nuwe kampioen uithouruiter. Collin Tjandja het Woensdag by Walvisbaai die moordende marathon oor 120 km in woestyntoestande gewen. Collin, van André van der Walt se El Sham-stoetery in die Out of Nature-landgoed tussen Windhoek en Rehoboth, was voor die internasionale byeenkoms een van die gunstelinge.

Nadat hy die verskillende skofte van die marathon in 6 uur 26 minute 59 sekondes op die rug van El Sham Khemo afgelê het, het Collin aan Republikein gesê dit was werk, baie harde werk.

“Ek het die Walvisbaaitoestande geken omdat ek al twee keer hier gery het. Met meer as 3 000 km in die saal tydens uithouritte was ek vanjaar meer ervare.”

Twee jaar gelede was hy in 2008 ook onder die eerste tien ruiters by die eindpunt. Volgens Collin is die ruiterkuns sy lewe. Hy ry El Sham Khemo elke dag. Collin is ’n taalgenoot van Frans Saubek van die Kalharabi-stoetery van George Wessels.

Twee jaar gelede het Frans geskiedenis gemaak toe hy die woestynmarathon gewen het. Vanjaar was hy in ’n tyd van 6 uur 34 minute 24 sekondes op die rug van Kalharabi Dakar derde met Stefanus Pienaar op Enduro Flika (6:33:58) in die tweede plek. Al drie Namibië se spanne het die driehoekige byeenkoms teen spanne van Suid-Afrika en Duitsland gewen.

Namibië se junior span onder bestuur van Annette Hanekom het sowat twee uur voor die Suid- Afrikaners geëindig.

“Dis rof, maar ʼn baie groot ervaring,” het Wian Vosloo van Suid-Afrika gesê, wat die woestynroete vir die eerste keer gery het.

“Ons is gewoond aan die harde bergroetes in Suid-Afrika, maar hier is die sand beslis iets anders.”

Uta Wilhelmi van Duitsland sê sy en Bernhard Dornsiepen het die roete in 2009 gery en dit was so uitdagend en “briljant” dat hulle ’n hele Duitse span net moes bring om die roete te beleef.

“Ons het nie ʼn byeenkoms met so baie sand in Duitsland nie. Dit was weer eens die moeite werd om hier te kom ry.”

Nie een van die Duitse ruiters was onder die voorste drie nie, maar om die marathon te voltooi, was vir hulle ’n groot oorwinning. Oor die byeenkoms was meeste ruiters tevrede oor hoe die perde hanteer was, maar van hulle meen meer kan gedoen word om ’n heerlike atmosfeer te skep.

’n Vrou van Schweizer - Reneke het gesê in Suid- Afrika word ’n besondere dag van so ’n byeenkoms gemaak. By die basis is daar kraampies waar nie-ruiters hulself kan geniet. Sy meen Namibië kan nog op die gebied verbeter.

Die individuele uitslae was:
Swaargewig
 
1 . George Wessels (Nam) op Aracos Armak (6:37:22).

2. Gawie Viljoen (Nam) op Zabubega Manna (6:38:07).

3. Schalk Willem Pienaar (Nam) op Enduro Asad (6:40:44).
Standaardgewig
 
1. Collin Tjandja (Nam) op El Sham Khemo (6:26:59).

2. Stefanus Pienaar (Nam) op Enduro Flika (6:33:58).

3. Frans Saubek (Nam) op Kalharabi Dakar (6:34:24).
Juniors
 
1. Alice Krenz (Nam) op Hidalgo (6:23:34).

2. Fritz Konjak (Nam) op Antiqua (6:41:44).

3. Suné Fourie (SA) op Hurst Raka (6:41:46).