24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.02.2010

Bring die TV-‘ref’, die sokkerbal en die 3D-brille!


DIE grootste sokkerfees van Afrika het toe gekom en gegaan. Nie sonder drama, teleurstellings en witwarm hoogtepunte nie. Om nie eens te praat van al die omstrede beslissings nie! En het Ghana en Egipte ons nie Sondagaand vasgenael voor die televisie laat sit vir nog ’n Afrika-sokkerskouspel nie! Vrypostig kon darem ook nie help om met so ’n bietjie nostalgie te dink aan hoe lekker dit sou wees om ook die naam Namibië op daai wedstrydrooster te sien nie.

Maar waar was ons? Die antwoord is – nêrens! Ja, liewe sokkerlandgenote, die goue, ronde balle klap soos kartetse rondom ons en ons maak oënskynlik asof ons nie ’n sokkerspelende land is nie. Shame! As Vrypostig se wiskunde nog so skerp soos op skool is, was onse naampie laas in 1998 in Burkino Faso iets werd. Twaalf jaar gelede.

Oeps, amper maak ek ’n blaps, ons span was ook in 2008 in Ghana, of hoe? Dit wys: dit KAN weer gedoen word.

So baie vrae, so min antwoorde

Die afgelope Nasiebeker het talle vrae (en veel minder antwoorde) gebring en Vrypostig is oortuig dat die gebruik van ’n TV-skeidsregter minstens ’n paar oplossings sou bring.

Werklik, die wêreldbeheerliggaam Fifa moet darem nou dringend ’n plan maak om ooglopende gruwelik foutiewe beslissings op dié manier af te weer. Namibië behoort die enigste land te wees wat kan vra vir kwytskelding van sulke “TV-refs”, want ons speel so min wedstryde dat ons sommer nog met die handboekreëls vir weke kan gaan soek na ’n uitslag vir enige betwiste beslissings!

Twee onbeantwoorde vrae is hoekom die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) toegelaat het dat wedstryde in ’n provinsie (Cabinda) met ’n burgeroorlog gespeel moes word, en erger: hoe op dees aarde regverdig CAF ná die bloedvergieting dat die arme Togo-slagoffers vir vier jaar uit die toernooi geskors word? Soos een oorsese joernalis dit gestel het: die skorsing is soos om skote deur ’n ambulans te skiet!

Nog ’n vraag sonder antwoord is hoekom Angola se polisiemag weggekom het met intimidasie voor hul land se wedstryd teen Ghana. Die gasheerland soek seker ook nog antwoorde hoe hulle met 4-0 teen Mali kon voorloop en toe binne ’n kwartier met die telling 4-4 tevrede moes wees. Die vraag wat sommige spanne in die toernooi gesoek het, is gelukkig maklik beantwoord: hulle hoort nie daar nie!

Oor die toernooireëls moet dalk ook weer gedink word: Algerië kon in Groep A net een doel aanteken, maar het die kwarteindstryd gehaal, terwyl Mali sewe doele behaal het, maar uitgeskakel is. Algerië se vertoning nadat hy Egipte uitgeskakel het vir die komende Wêreldbeker, was teleurstellend. Verdien Algerië ’n Wêreldbekerplek?

Ná Egipte hulle met 4–0 geklap het en drie rooikaarte later, is die antwoord gewis NEE! Hul kwalifiseringswedstryde vir die Wêreldbeker was ’n taamlik bloedige, onsmaaklike besigheid en hul vreugdevure het nie lank in die Nasiebeker gebrand nie. Vir ’n span wat glorie aan Afrika-sokker belowe het, het hulle hopeloos tekort geskiet en eerder skande oor die vasteland aangejaag.

Nuwe sooie en dreineringskanale

Vrypostig is verheug om te verneem die Brave Warriors gaan Durban toe om op 3 Maart die “nuwe! verbeterde!” Bafana Bafana in ’n inwydingswedstryd vir ’n Wêreldbekerstadion aan te durf. Nou kan van die normaalweg tuisblywende spelers darem ook sê hulle was in Suid-Afrika in 2010! Ewe verblydend is die oortuiging waarmee afrigter Tom Saintfiet sy krygers vlymskerp vir dié kragmeting en die res van die jaar wil kry.

Hy is deeglik bewus dat daar nog net plek is vir 14 spanne om te kwalifiseer van 2012 se Afrika Nasiebeker met die gesamentlike gashere Ekwatoriaal-Guinee en Gaboen wat klaar veilig is. Saintfiet is sedert sy aanstelling in 2008 gereeld in die media gekritiseer oor sy spankeuses, spelpatrone en kombinasies, maar ’n mens moet darem wraggies ook simpatie hê met die man se situasie.

Midde ’n nypende geldtekort in die Namibiese Premierliga (NPL) word die mat nou onder spelers se voete uitgepluk met die aankondiging dat die pragtige Sam Nujoma-stadion se kunsoppervlak opgelig en waarskynlik vervang moet word. In die Onafhanklikheidstadion wag almal vir die eerste sprietjies nuwe kikoejoegras. Namibië se blinkste sokkersterre aanvaar al om die week aanbiedinge uit haas enige plek op die aardbol, net om feitlik nooit speeltyd te kry nie.

Maar al wat tel, is die “pay” en die avonture in vreemde lande. By hul huise sit en vergaan hul eie ondersteuners, infrastruktuur tuimel ineen, die NPL se geldpot loop leeg en die standaard gaan steek vas soos die dreineringstelsel in die Sam Nujomastadion! Wat Namibië nodig het, is ’n “TV-ref” met ’n baie groot skerm sodat hy die groter prentjie duidelik kan sien.

Dan moet hy boonop die affêre met hierdie nuwerwetse 3D-brille betrag, want daar is sommer nog baie dinge in die kleiner prentjie weggesteek. Dis hoog tyd dat ons nuwe sooie vir ons kikoejoegras spit en nuwe dreineringskanale bou!

Gee die taak vir ’n man!

Hoe vreemd was dit hierdie week om die name van Namibië se nuwe sportkommissarisse te lees? Op die Sportkommissie, die land se hoogste sportgesag, word een plek opsy gesit vir ’n verteenwoordiger van Nawisa (Namibiese Vroue in Sport). Die naam Michael Angula wys egter dat as die vroue iets reg gedoen wil hê, gee hulle die taak vir ’n man! Of hoe, dames?

Boet Matthews Vrypostig