24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Bly positief, sê o.19-afrigter



NAMIBIË se junior krieketspan is vasbeslote om nie sy voet van die pedaal te haal in sy drie oorblywende wedstryde in die Internasionale Krieketraad se Afrika kwalifiserende toernooi vir die o.19 Wêreldbeker nie. Die jong Namibiërs, die enigste onoorwonne span sover, kom vandag op die CCD-veld teen Kenia te staan.

Môre wag Uganda en Sondag is dit Nigerië. Wian van Vuuren en sy manne is die voorlopers om een van die twee plekke op te raap om volgende jaar in die wêreldwye uitduntoernooi vir die o.19 Wêreldbeker deel te neem.

Al die spanne het gister ’n rusdag gehad, hoewel Namibië om 16:00 ’n oefensessie voltooi het. Afrigter Johan Rudolph het gister gesê die span moet glo in sy vermoëns. Hy is in sy skik dat in elke wedstryd sover iemand die kans aangegryp het om die wa deur die drif te sleep, selfs wanneer die span terugslae ondervind het.

“Ons topordekolwers het wel nog nie baie bestendig vertoon nie en dis ’n gebied waar ons beslis vir beter vertonings op die uitkyk is. As ’n boul- en veldwerkspan het ons sover omtrent 40% van ons opponente se lopies deur ekstras afgestaan – ’n gemiddeld van meer as 30 per wedstryd. Terselfdertyd het die spelers egter karakter gewys en in druksituasies koelkop gebly – ’n goeie teken vir spelers wat selfs ’n jaar gelede deur hul senuwees oorweldig sou word.”

Die oorblywende wedstrydprogram is:

Vandag: Uganda tn Zambië by Wanderers, Sierra Leone tn Botswana by United, Namibië tn Kenia by CCD, Tanzanië tn Nigerië by WAP.

Môre: Uganda tn Namibië by Wanderers, Zambië tn Sierra Leone by United, Botswana tn Tanzania by CCD, Kenia tn Nigerië by WAP.

Sondag: Uganda tn Sierra Leone by Wanderers, Namibië tn Nigerië by United, Zambië tn Tanzanië by CCD, Kenia tn Botswana by WAP.