3.09.2010 Blue Boys voor Ongete-toets
 Die sokkerspelers van Olupale in hul kultuurgroep se gewaad.
DIE Kuisebmond-sokkerstadion op Walvisbaai gaan môre behoorlik uit sy nate bars wanneer Ongete United van Windhoek in ’n vriendskaplike wedstryd kragte meet teen Blue Boys, wat vir die eerste keer in sy bestaan in die komende MTC Premierliga gaan speel.
As ’n kersie op die koek word Ongete vergesel deur sy beroemde kultuurgroep bekend as Olupale, wat voor en na die wedstryd die toeskouers op die hawedorp gaan vermaak. Kultuurgroepe van die Erongo-streek sal ook optree.
Ongete van Windhoek spog met verskeie oorwinnings oor Premierliga- spanne tydens toernooie en is nie ’n span wat ligtelik opgeneem kan word nie.
Voor die hoofwedstryd (afskoptyd 15:30) gaan die veteraanspelers van Walvisbaai in ’n ou krok-wedstryd opdraf. By die hek gaan toeskouers vir hierdie dubbele vermaak N$20 opdok. Verversings sal te koop aangebied word.
|