Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Vuisbal 2009


Advertensie

Ons Argiewe

22.06.09

Ongeluk met eie styl?

23.06.09

Rehoboth se e-boewe maak ’n porno-reeks

22.06.09

Nuwe gesigte in Swapo se stal

23.06.09

Koud, kouer, bibberste...

22.06.09

Ongeluk by ongeluk eis vyf menselewens

12.01.2009

Atletiek Namibië by waterskeiding

’n GROOT ommeswaai in plaaslike atletiek is op pad nadat ’n vergadering onlangs op Otjiwarongo gehou is om die toekoms van die sportsoort te bespreek en mense te kies wat tot die spesiale kongres op 28 Februarie in beheer van Atletiek Namibië se sake sal wees. Beamptes in sommige streke van die land wil vanjaar die huis van Atletiek Namibië skoonvee en bevoegde persone tot posisies kies.

Dit is ’n teken dat atletiek op ’n hoë noot wil wegspring. Op die vergadering op Otjiwarongo is ’n tussentydse komitee gekies wat die dag-tot-dag-belange van die beheerliggaam sal hanteer en terugvoering aan die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) en die Namibiese Sportkommissie sal gee.

Een van die bekende sportadministrateurs in die land, dr. Donovan Zealand, is aangestel as voorsitter van die tussentydse komitee. Die gewese sekretarisgeneraal van die Namibiese Olimpiese Komitee, Abner Xoagub, en die gewese internasionale atleet Agnes Samaria, is die ander twee wat saam met Zealand in die “aflosspan” gekies is.

Die streke wat saamgespan het om die tussentydse komitee op die been te bring, is Khomas, Erongo, Oshana, Okavango, Hardap en Otjozondjupa. Die eens trotse sport sit sonder ’n leier nadat op die onlangse jaarvergadering in November op Katima Mulilo nie ’n president gekies kon word nie.

Die uitslag tussen die twee kandidate, Alpha Kangueehi en Frank Fredericks, het met vier stemme elk gelykop geëindig wat die beheerliggaam gedwing het om volgende maand ’n spesiale kongres te hou.

Die uitslag beteken ook die einde van Kangueehi se termyn as president van Atletiek Namibië. Volgens Republikein se inligting bepaal die AN-grondwet dat Kangueehi sy laaste wedloop op 21 November gehardloop het.