9.03.2010 Afrika se bestes bewéég!
Toeskouers by die tiende Afrikakampioenskap op Walvisbaai het die afgelope dae puik gimnastiek gesien en was verskeie kere op hul voete om luide applous te lewer. Van Afrika se bestes het by die sportkompleks op Walvisbaai gewys wat hulle kan doen tydens die artistiese kompetisie. Namibië se Robert Honiball en Kimberly-Ann van Zyl was die uitblinkers in die senior afdeling waar hulle onderskeidelik goud in die ringe en op die balk verower het. Republikein se Boet Matthews was daar om van die aksie met sy kamera vas te vang.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|