24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2010

Aflosstok help Statebond gees vang

© Francois Olivier
Mnr. Shavansh Bhatnagar, ’n organiserende komiteelid van vanjaar se Statebondspele in Indië wat deur 70 Statebondlande met die aflosstok toer, saam met die Namibiese Kalahari kulturele groep wat die gehoor by die VN-plaza vermaak het met die aankoms van die stok.

BAIE atlete en skoolleerlinge sal afgelope Vrydag nooit vergeet nie, toe hulle die rare geleentheid gebied is om die 2010 Statebondspele se aflosstok te sien en te kon vashou.
© Francois Olivier
Die Namibiese atleet Agnes Samaria het breed geglimlag toe sy met die Statebondspele aflosstok kon poseer saam met die hoë kommissaris van Indië, mnr. Tsewang Topden.
Namibië is een van die 70 Statebondlande waardeur die aflosstok op ’n 340-dae toer is en Windhoekers was van die gelukkiges wat hierdie historiese geleentheid kon beleef.

Vrydag kon atlete in agt sportkodes asook skoolkinders in die hoofstad deelneem aan die 59 km drafroete waartydens gelukkiges die stok deur die strate kon dra. Ander dorpe het ingesluit Omaruru, Swakopmund en Walvisbaai, voor die aflosstok na die eiland St. Helena vertrek het.

Die Windhoekse besoek is Vrydagaand afgesluit by die Indiese ambassade toe dié land se hoë kommissaris, mnr. Tsewang Topden, en sy vrou Michelle gaste onthaal het met die teenwoordigheid van die aflosstok.
© Francois Olivier
Die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, eerw. Willem Konjore, poseer met die Statebondspele aflosstok saam met die hoë kommissaris van Indië, mnr. Tsewang Topden, en sy vrou Michele by die Indiese ambassade.
Op die gastelys was onder meer die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, eerw. Willem Konjore, en ander ministers, atlete van Namibië en verteenwoordigers van die organiserende komitee van vanjaar se Statebondspele wat van 3 tot 14 Oktober in Delhi, Indië plaasvind.

Die aflosstok het Donderdag in Windhoek aangekom en is die volgende dag op ’n toer deur die strate van Windhoek vanaf Windhoek Gimnasium tot by die VN-Plaza in Katutura.

Die aflosstok simboliseer die eenheid en gemeenskaplike doelwitte van die Statebond en bevat ’n boodskap van Koningin Elizabeth II aan die atlete, wat tydens die openingseremonie van die Statebondspele voorgelees sal word.

Die boodskap is in ’n juwelierswarehouer geplaas wat simbolies op ’n 18 karaat goue blaar ingegraveer is.

Francios Olivier