Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 9 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.02.2010

WYSIGING VAN HOOFSTUK 3 VAN DIE GRONDWET

Elke dan en wan word uitsprake in Namibie gemaak om Hoofstuk 3 van die Grondwet te wysig. In vandag se Republikein vra die NUNW vir die wysiging van die artikel oor eindomsregte. 'n Ruk gelede is die doodstraf bespreek - dit is: moet ons die doodstraf in Namibie terugbring deur die wysiging van die artikel wat reg tot lewe beskerm?

Alles goed en wel om lewendige debat te bevorder oor die ontwikkeling van ons reg en die aanpassing daarvan by die veranderde behoeftes van ons samelewing. Maar onthou artikel 131 van die Grondwet. Wat artikel 131 basies se is dat geen wysiging van Hoofstuk 3 van die Grondwet wat 'n fundamentele mensereg verminder of afbreuk daaraan doen toelaatbaar is nie. Enige poging deur ons Parlement om dit te bewerkstellig is ongeldig en het geen krag van wet nie. Hoofstuk 3 kan dus net gewysig word om meer regte te gee.

Die effek van artikel 131 is dat sou, byvoorbeeld, die Parlement 'n wet maak wat die doodstraf terugbring, dan kan die eerste persoon wat die doodstraf opgele word die hof nader om so 'n wet ongeldig te laat verklaar sowel as die doodstraf wat hom/haar opgele is. Omdat ons howe in Namibie onafhanklik is en hulle status ook beskerm word deur die Grondwet, sal so 'n hof geen ander keuse he as om die doodstraf wat so opgele is ongeldig te bevind nie.

Dus, al stem die hele Namibie by wyse van 'n referendum 100% ten gunste van die terugbring van die doodstraf in Namibie, kan die doodstraf vanuit 'n regsoogpunt nooit teruggebring word nie. Dit is water onder die brug ... of eerder water onder die galg. Dieselfde geld natuurlik ook vir die beskerming van eiendomsreg - op die meeste kan meer beskerm aan eiendomsregte toegeken word maar dit wat daar tans is in Hoofstuk 3 kan nie verminder word nie.

Dit is dalk 'n goeie akademiese vraag of die onbuigsaamheid van Hoofstuk 3 'n pluspunt is en of dit 'n meulsteen om ons nekke is?

Nie-so-akademies