24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Erongo 23 Mei

Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.07.2010

Tiener deel medelye

Anoniem van Windhoek skryf:
 
Ek wil graag my mening lig oor die tragiese en hartseerlike dood van Magdalena Stoffels.

Ek is self nog 'n tiener, 19, en dit het aan my geruk en gee my slapelose nagte, want dit kon ek gewees het. Haar dood was nie nutteloos nie, want Namibie het as een opgestaan en sy stem dikgemaak, maar dit versag of verminder nie die pyn wat haar familie en vriende deurgaan nie. Hul harte is gebreek en dit nog op so 'n wrede en hartelose manier.

Ek as 'n tiener stem saam met die feit dat die doodstraf terug gebring word.Die Bybel se 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand, en daardie man verdien dit.

Dit lyk geensins asof hy enige berou het vir wat hy gedoen het en hy weet waarmee hy besig was,het dit dalk moontlik nog beplan.

Ek het min kennis van hoe Namibie sy sake hanteer of hoe die wet afgele word, maar ek weet dat ons as die burgers soms of selfs meestal baie teleurgestel word duer ons wet en hoe dit hanteer word.

Alhoewel dit nie haar dogter sal terugbring nie, gaan dit haar pyn minder maak as sy weet haar enigste dogter se moordenaar het gekry wat hy verdien en dat haar dogter se dood verandering in ons land gebring het. Dit is tyd vir drastiese verandering!