|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
19.02.2010 Rehoboth se wetteGoeie dag
Graag wil ek net weet of daar dan geen wette vir Rehoboth is nie. Wat ek hiermee bedoel is dat ek eintlik wil weet of die Namibiese wette/reels Rehoboth uitsluit. As 'n inwoner van die dorp pla dit my dat die persone wat veronderstel is om 'die belange van die gemeenskap op die hart te dra' kan bedrog pleeg en daarmee wegkom. Hulle word 'geskors' maar werk nog steeds soos voorheen in hul kantore. Die werksure is vanaf 9H00 tot 13H00, dan weer vanaf 14H4o tot 16H30.(Die kontant saal sluit om 15H00 waarna geen betalings aanvaar word nie)Kla ons daaroor is dit 'n probleem en die snedige antwoord van die amptenare is 'Man maak wat julle wil en kyk of dit my pla' Die 'supervisor' is te besig om jou te sien en maak jy 'n afspraak sal hulle dit bevestig deur jou terug te bel. My moeder woon agter 'n ongebruikte hotel wat uitverhuur word aan individue as losies plek. Ongelukkig is daar geen sanitere geriewe of water en die stank is ondraaglik. Sy het nou al mooi gepraat deur die eienaar te skakel en in te lig oor die probleem hieromtrent. Daar het sy 'n bloutjie geloop met sy antwoord van 'Ek het nou al die mense uitgesit, maar hulle trek nie en kan ek nou niks daaromtrent doen nie. Nou wat verder gemaak? Sy bel toe maar weer die 'Town Council' vanoggend en vra vir die gesondheids-inspekteer sodat hy kan kom ondersoek instel, maar sy antwoord was weereens 'ek's te besig en buitendien is ek met verlof'. Dit gaan nou al vir maande so. Ek weet dit help ook nie eintlik om die polisie te bel nie, want 'what do you expect us to do?' is ook al algemeen. Ja, hulle doen 'n great job met die vee diewe, maar is dit al waarop hulle konsentreer. Dankie vir die wat hul kant bring. Dit word gesien en waardeer (al klink ek nou ondankbaar), maar ek is net op moed verloor se vlakte. Laastens wil ek graag hoor wanneer ons strate dan ook geteer gaan word? Ja, dit word opgevul met rooi klip sand, maar het julle nou al gesien hoe onder stof is ons dorp? Nader jy Rehoboth in die nammidae of in die oggende hang die stof en kan jy amper nie glo dit is 'n dorp waarbo die stof so hang. Ek vrees dat ons gemeenskap een van die dae almal met bors klagtes gaan sit. Baie dankie vir 'n puik koerant. Eunene |