|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
25.02.2010 Namibiese Toerime raadEk stem heeltemal saam dat die kampe soos myl 14 niks anders 'n klad op die Namibiese Toerime raad se naam is nie.
As 'n gebore Walvisbaaier wat vir amper 30 jaar jaarliks daar gekamp het en selfs my Suid-Afrikaanse familie soontoe gevat het, is daar nou niks meer oor nie. Myl 14 was 'n baken in baie van ons lewens en 'n ervaring wat gekoester kon word. So het ons vriendskappe gesluit wat jare nou nog hou. My kinders het daar geleer van tent-kamp. Wat is daar nou as ons Desember vir my familie in Walvisbaai gaan kuier? NIKS. Jakkalsputz se hobbelrige pad is genoeg om enige kar se vering in sy kanon te stuur. Waarheen wil die Namibiese Toerisme Raad h moet Walvisbaai en Swakopmund se mense gaan vakansie hou?Dink aan die finansile voordele as die kampe weer tot hulle volle reg kan kom. Gesinne uit die land gaan soontoe stroom en moenie die Namibiers in Suid-Afrika vergeet nie.Dit sal jolig wees. Hartseer oor Myl 14 Shireen Crotz |