24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Erongo 23 Mei

Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

NAMIBIA - BYNA 20 JAAR VAN ONAFHANKLIKHEID !!

Ek merk op dat die REPUBLIKEIN 'n "GEE JOU PUNT" "UITDAGING" aan al
sy lesers stel. Baie dankie vir die geleentheid.

Daar is by my geen illusie nie - die regering van die dag verdien lof vir dit wat hy die afgelope sowat 20 jaar vermag het!

Ek is nietemin bekommerd omdat ek van mening is dat dat ons soms "eenogig" na die GROOT SUKSESSE kyk, terwyl die klein en onskynlik onbelangrike dinge in die "stof byt"!

Mense gebruik so graag die uitdrukking "dis maar net die oortjies van
die seekoei of dis maar net die punt van die ysberg"! Net dalkies
kan dit wat ek wil opper, aan sodanige uitdrukking gekoppel word.

Ek had die geleentheid om ander dag die "NAMIBIA CHILDREN'S HOME" in HELIODOORSTRAAT toevallig aan te doen - nodeloos om te s - as die verval buitelangs 'n aanduiding moet wees van dit wat binnekant aangaan - het ek uiteindelik die rede gevind waarom ek soms slapelose nagte het - arme, arme weerlose mensies.

My punt vir die regering van die dag kry 'n "byna-byna 'n
uitklophou!!" As iets so ontsagtlik belangrik - as sommige kinders
van die volk wat alreeds aan die "agterspeen suip", gedwing word om onder sulke omstandighede te leef - te min aandag kry, vervaag die
sogenaamde "GROOT DINGE" wat vermag word.

...... en dis nou mos maar net een van die baie klein dingetjies, "onbelangrike" dingetjies, wat vandag aandag geniet het.

Daar verskyn so dikwels soortgelyke sake wat lesers wil h DIE REGERING VAN DIE DAG AANDAG AAN MOET GEE, maar helaas - maar net nog 'n mening van nog 'n rasegte NAMIBIESE BURGER wat ge-ignoreer gaan word!

My land, my geliefde vaderland - GOD sal na jou omsien en mede-landgenote - kom ons neem hande en bid sonder ophou.

Ek sluit af - my hart bloei

JAN LOWE