|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Erongo 23 MeiKollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
10.03.2010 Na aanleiding van Marlene Van Zyl se brief op 10 MaartNa aanleiding van Marlene Van Zyl se brief op 10 Maart. Ek voel ook sterk oor diere wat mishandel word.
Ek woon in Rocky Crest en dit is 'n skande om te sien hoeveel maer diere in die strate rondwandel, honger en maer. Ek het al reeds in die afgelope 5 jaar wat ek daar woon 4 honde gerapporteer wat deur die Honde-eenheid gekom vat is en nou nuwe gelukkige huise het. Is dit regtig so erg om wanneer die huismense eet ook vir die arme diere wat nie kan praat nie, ook kos te gee en lekker vars water nie. Gewoonlik is dit mense wat nie na hulle diere kyk en wat uitgeteer is wat groot oorgewig mense is. Hulle dink net aan hulself. Kan mense dan nie hulle hekke asseblief toehou om dit te verhoed nie. Die diere word doodgery in die strate of word gebyt deur ander honde. Ek het die Desember vakansie 3 honde kos gegee uit my huis want die arme goed is uitgeteer. Jy sien die ribbes. Jy kan maar die mense roep en praat en asseblief vra gee die diere kos en skoon water maar hulle lag eerder. Dit is 'n grap vir hulle. Mense het tot getrek en hulle hond in die werf gelos. Bel 'n mens die DBV om 'n ondervoede hond te rapporteer kom hulle na 3 weke eers uit en dan word daar net 'n waarskuwing op die mense se deur gesit. Dan wag hulle weer 3 weke en kom kyk en waarsku die mense. Teen die tyd wat hulle uitkom kan die dier al reeds dood wees. Die mense gee nie gehoor - die DBV sien nie wat ek sien nie. Ek is 'n depressielyer as gevolg van die mishandeling van diere en bang dat diere doodgery sal word. Ek kan dit glad nie hanteer nie en kry angsaanvalle daarvan. Ek moet probeer om te verhoed dat ek diere op straat sien wat maer en verwaarloos is en 'n gevaar is vir mense wat nie omgee om hulle dood te ry nie. Hulle doen dit sonder om 'n poging aan te wend om dit te vermy om hulle raak te ry. Ek weet soms kan 'n mens nie uitdraai maar meestal kan mens. ASSEBLIEF DOEN IETS AAN MENSE WAT DIERE MISHANDEL DEUR HULLE TE BEBOET OF DIERE AF TE VAT SOOS OP DIE ANIMAL PLANET KANAAL OP TV GEBEELDSEND WORD. EK IS BAIE BAIE BAIE LIEF VIR DIERE - ENIGE DIERE. HET SELF DIERE EN HULLE HET 'N KONINGSLEWE BY ONS. GESONDE DIERE WAT LEKKER OP DIE GRASPERK SPEEL EN GELUKKIG IS. Van: Diereliefhebber |