|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
3.03.2010 LUDERITZ HINKER DEESDAEDit verskaf my veel plesier om hierdie kortetjie in n wydgelese dagblad te plaas.Ek wil nie kla of kritiseer nie. Wat ek hier seg is die reine waarheid en niks minder nie. LUDERITZ HINKER DEESDAE 1 TREE VORENTOE EN VYF TREE AGTERTOE. Die rede hiervoor kan be-antwoord word deur Jan Alleman en jy hoef nie n Kern Fisikus te wees nie.
Eienaarskap berus huidiglik nie by hulle wie ons dorp moet karwei in lyn met Visie 2030 nie. O nee. Mens hoef net te kyk na wie investeer deur te beleg in die bou van n woonhuis of besigheid struktuur. Maar nee, dit is mos al te goed om jou Luderitz jare in n maatskappy woning te bly en waneer jy aftree en verhuis in Hentiesbaai of elder te gaan bou of koop. Almal kom en druk die laaste voggies uit hierdie dor woestyn dorp en skoert voort, soos dit ook eens was met ons ryk Diamant bronne. Man, kort en saaklik, as jy nie goeie bedoelings met ons dorp het nie, PAK NOU EN SKOERT. Jy is nie welkom as jy jouself net wil kom verryk en weghardloop nie. Vat n Dorps kaart en tel die aantal huise in Luderitz in privaat besit en die aantal maatskappy huise. Wel, ons in privaat huise sal nog hier wees by 2030. Ongelukkig so dat sommige van hulle in maatskappy huise dan alreeds vort sal wees. Ons in privaat huise is die groter bydraer tot ons plaaslike owerheid se koffer neh, so asseblief, ons is haaswakker vir wat julle doen. Stop daarmee, as ons sterk winde julle nie gaan wakker kry nie, sal niks op aarde dit doen nie, NIE EENS N KOUE STORT OP N WINTERSMORE NIE en ja, ook dit help nie as voorkoming vir daai gevreesde een nie. Manfred R Anderson |