24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Erongo 23 Mei

Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2011

Hoekom sluit buffels plase?

Mike Pretorius skryf:
 
Ek verwys na die ontsnapte rondloper buffels in die Grootfontein en Otjiwarongo distrik en wat naby Okakarara geskiet is. Ek verkeer dalk onder die verkeerde indruk, maar ek was te verstane dat die buffels waarvandaan die twee dalk gekom het in die Waterberg Plato Park reeds vir baie jare as siektevry geklassifiseer was.

Indien dit die geval is, hoekom kan die buffels nie verder deur wildboere geteel word nie? Die buffel vorm ’n baie groot gedeelte van die inkomste uit trofeejag in ons buurland Suid-Afrika en hulle het geen probleem met beken- klouseer of enige ander siektes nie en sover my kennis strek, was baie van die buffels oorspronklik uit Namibië afkomstig. My persoonlike opinie is dat die departement van Veeartseny onnodiglik nuus maak daaruit en dat daar geen rede vir vrees behoort te wees nie. My persoonlike beskeie mening is dat nie genoeg inligting onder die verskeie departemente beskikbaar is nie en dat iemand onder die groep dalk alweer net “gedink” het!

Die departement van die Omgewing en Toerisme waaronder Natuurbewaring en Wetenskaplike Dienste ressorteer, behoort mos te weet indien die bek-en-klouseer siekte steeds onder die park se buffel troppe voorkom. Ek sien uit daarna wanneer buffels eendag op kommersiële jagplase aangetref word waar hulle met die Suid-Afrikaanse jagplase kan meeding en miljoene dollar per jaar daaruit kan muntslaan.