|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Erongo 23 MeiKollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
29.07.2010 Gruwelmoord opper vraag oor geweld teen jong meisies en vroue
Andeline Kloppers skryf uit die VSA:
Die gruweldood van Magdalena Stoffels gisteroggend dwing opnuut weer die vraag oor geweld teen jong meisies, kinders en vrouens in die ope. Meer as een-en-twintig jaar na onafhanklikheid en lank na diskriminasie wetlik opgeskort is, is die vrye beweging van jong meisies, kinders en vroue nogsteeds nie verseker nie en ver van 'n reg. Die vraag wat telkens opkom en wat ook deur die moeder van Magdalena refrein word is: hoekom? En voor wie se deur moet die skuld gele word? As vrouens en jong meisies word ons gefaal deur 'n sisteem wat nog te sterk patriargale regte voorhou juis omdat ons beskerming nie voorrang op die prioriteitslys van politieke agendas geniet nie. Die versekering van vroue, jong meisies en kinders se veiligheid is "long overdue!", en soos die gemeenskap gister, skreeu dit in my: "NO MORE!" Hoe lank sal dit nog neem - hoeveel lewens moet nog ingeboet word - voordat besef sal word dat die prys van 'n lewe nie terug gekoop kan word nie? Om agterna te se "sorry" is eenvoudig nie goed genoeg nie. Magdalena se dood is 'n sinnelose dood wat weereens die owerhede uitdaag tot dringender optrede. |