|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Erongo 23 MeiKollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
8.03.2010 Die berig "ORDE ONDERSOEK BENNIE VENTER"REPUBLIKEIN, 8 Maart 2010 het betrekking.Die berig "ORDE ONDERSOEK BENNIE VENTER" - REPUBLIKEIN, 8 Maart 2010 het betrekking. Soms verneem ek volgens mede-landgenote (hul menings ook in die media) dat beriggewing van die media soms met 'n knippie sout gelees moet word.
Hoe dit ookal sy - sou dit wat ek lees, waar wees - verstaan ek hoekom die bietjie hare wat ek op my hoof het, gedurig halstarrig en in teenstelling met hoe ek dit verkies, regop bly neig! Ek begin nou verstaan - het maar bra lank geneem omdat ek nie wou verstaan nie - waarom die GRONDKWESSIE 'n kwessie is en een sal bly en dalk nog gouer as wat ons dink, hierdie pragtige land van ons in 'n RILLER sal laat verander!!! Ek lees dikwels in die WOORD dat alles wat ons het, alles wat ons wil h, alles wat ons kan vermag, ons behoefte aan rykdom en, en ..... , in orde is, mits ons dit so aanwend dat dit in lyn is met wat GOD van ons verwag en tot voordeel van ons medemens is! Die raad wat die geleerde mense blykbaar aan hul klinte gee (ek lei dit af uit die betrokke berig), dui vir my as leek daarop dat 'n baie behoorlike studie gemaak word van betrokke dokumente, bv. die GRONDWET en. en ........ , dat tekortkominge in die betrokke dokumente gesoek word wat dan wetlik tot die voordeel van die klint EN DIE RAADGEWER (N$100 000 en 'n trekker ter waarde van ?) .... en tot die nadeel van die land en sy mense, aangewend kan word. So terloops, dink die betrokke .... en ander raadgewers wat hulself "NAMIBIANERS" noem, regtig dat hulle die regte ding doen om SUID-AFRIKANERS en ander UITLANDERS voordeel te laat trek? Ook maar goed ek is die hoogste gesag in die land nie, ook nie die KAARONDAS en, en en .... nie! Ek begin die gevoel kry dat edel eienskappe by die venster uitgesmyt word, geensins meer belangrik is nie, solank ek net voordeel daaruit kan trek. ...... en wat help dit nou ek het die hele wreld aan my voete, maar my siel ly skade? Ai, ai en nogmaals AI!!!! JAN LOWE |