
‘n Ware Kampioen onder die Kampioene is dié Braunviehkoei van mnr. Junior Versfeld van Grootfontein beslis. Die trofee is aan mnr. Versfeld oorhandig deur Standard Bank se mnr. Gerhard Mukuahima.
Die landbouverrigtinge by vanjaar se Windhoek Skou het op ‘n hoogtepunt afgesluit met die prysuitdeling tydens die groot- en kleinveeparade Donderdagmiddag.
Altesaam 32 beestelers van twaalf verskillende rasse het vanjaar 323 van hul top diere uitgestal terwyl 1 062 stuks kleinvee, wat agt verskillende skaapen bokrasse verteenwoordig het, by die skou te sien was.
Republikein publiseer Dinsdag in Landboufokus die volledige uitslae van die wendiere van al die rasse wat beoordeel is.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.