Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Erongo


Kollig


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

Stampriet hou volwaardige landbouskou

© Republikein

DIE 18de Stampriet Boereverenigingskou vind vanjaar vanaf 8 tot 10 September op die dorp plaas.

Die Stampriet-skou het oor die jare gegroei tot ’n volwaardigelandbouskou, iets waarop die boerevereniging baie trots is. Telers van dorpers, wit dorpers, boerbokke en Kalahari Reds kom skou vanjaar met hul pragdiere.

Twintig Damara en Van Rooytelers het reeds ingeskryf om hul diere by die skou te vertoon en die beoordeling van die diere sal deur mnre. Coenie Kotze en Piet Coetzee gedoen word. ’n Slaglamkompetisie op die hoef en karkasbeoordeling vind ook tydens die skou plaas.

Op Woensdag, die eerste dag van die skou, vind ’n vetvee-, speenkalf- en bulveiling om 10:00 plaas. Die topramveiling en die Asanib Van Rooy-stoetverkoping vind die Vrydag om 10:00 plaas. Diere van ongekende kwaliteit word by die veilings aangebied.

Die amptelike opening van die skou vind Woensdagaand plaas en die sprekers tydens die geleentheid is mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die NLU, en mnr. Kandi Nahova van Agribank.

Dit sal gevolg word deur ’n talentaand met 26 items wat deur plaaslike kunstenaars gelewer word. Die skou beloof iets vir ’n ieder en ’n elk.

Volgens die organiseerders is daar ’n vol program en baie opwinding wag op kinderbesoekers. ’n Skattejag, gesigverf, handvaardigheidsklasse, varkvang, kettieskiet en vele meer word aangebied vir almal wat nog kind is.

Die program vir die dames skop op 8 September om 16:00 af met ’n boemelaarsparty waar die dames leer om “iets uit niets” te skep en meer te wete kom oor tuinbou. Tydens die geleentheid word die grootste boemelaar van die dag ook gesoek. Op 9 September om 15:00 kan die dames uitsien na ’n lawwe “LOS” kop-, lyf-, en litprogram met ’n wynproe, voordrag en mosaïek demonstrasie.

Die aand vind daar ’n konsert plaas, wat deel is van die Palmklopfees. Die program vir 10 September lê klem op sielevoedsel met ’n praatjie deur ds. Johan Serfontein met die tema “Waag dit om lief te hê”.

’n Skietkompetisie deur Ahrens Guns and Ammunition behoort ook ’n groot trekpleister te wees. ’n Nuutjie by vanjaar se skou is die boerepatente-kompetisie wat met ’n demonstrasie gepaard gaan, sodat almal kan sien en leer hoe die patente werk.

Verskeie stalletjies met kos en ander interessanthede maak dit vir almal moontlik om iets by die skou te kan koop. Saans tree ’n kroegsanger op vir diegene wat lus het vir litte losmaak.

Vir meer inligting oor die Stampriet-skou kan Christelle van Wyk by 063 250 043 geskakel word.